Wednesday, July 11, 2018

ZEBRA Hitteuitruiling

Wildtuinbesoekers sien in die warmte van die dag Zebras so staan. Hulle is nie verlief nie ook nie moeg nie. Hulle koel mekaar af. Die strepe struktuur van Zebras is groot bree strepe van die boude af na die maag. Vertikale maar dunner strepe van die maag na die kop. Baie dun strepe oppi kop. In die hitte van die dag styg warm lug op en veroorsaak wind. Die wind vloei oor die Zebra se strepe. Die start strepe is BAIE warmer as die wit strepe en die vloei tempo verskil maak koeler lug langs die wit strepe afwaarts vloei. Zebra boude se vel temperatuur is 6℃ koeler as Blouwildebeeste wat saam wei. Die Zebra se nek is 2℃ kouer as sy boud en jy kop 2℃ kouer as sy nek. Hoekom ? Die verskille in streep diktes. Deur op mekaar te leun koel hulle mekaar af. Dit is gevind dat hoe verder noord jy in Afrika gaan hoe warmer dit word hoe dunner is Zebra strepe.

No comments:

Post a Comment