Thursday, July 12, 2018

Appelblaar

Boom volop in die Wildtuin. Tot 18m hoog. Blomme ruik baie lekker en bye, insekte baie lief daarvoor. Word deur wild wat die blare kan bykom benut. Die interessantheid van die Appelblaar boom is dat hy ook die REENboom genoem word. Wanneer dit BAIE droog is gee sy blare n aroma af wat n gogga met die naam Spittlebug in hulle hordes aantrek. Wanneer die spittlebug sap suig aan die blare onttrek hy terselftertyd vog uit die lug uit en n klomp skuim word om sy lyf gevorm wat dan soos fyn reen op die grond val. As jy dan onder die boom staan reen jy nat en die grond is sopnat al is dit in die middel van die ergste droogte. Hierdie trick van die boom maak dus van hom baie baie droogtebestand.  Die Spittlebug is n gifterrige kalant. As jy die takke en blare van die Appelblaar brand terwyl die gogga daar is, kan jy die as vat en n pasta maak in 'n emmer. As jy die mengsel in n waterkuil gooi is daar n chemiese reaksie wat visse se balans versteur en die vis na die oppervlakte laat dryf, en walla lekkerrr vis braai.





No comments:

Post a Comment