Monday, July 30, 2018

Buffelwewer Voel

Die ou wat 55 jaar gelede die toe oupa en JZ ,20 jaar oud was die Buffelwever sy naam gegee het , het nie geweet wat hy doen nie. Buffelwewers het GEEN verwantskap met Buffels nie, en alhoewel sy rooi bek LYK soos 'n Wewer, wat 'n saadvreter is, vreet hy net Insekte, Brommer Larwes, Bosluise, Spinnekoppe en Vrot Vrugte met wurms in. Oupa noem die Buffelwewer sommer ZUMA se VOEL oor die naam Buffel, en Buffelwewers is swart, die mannetjies het 5 tot agt wyfies, die wyfies roep repeterend WIEDA-WIEDA-WIEDA en die mannetjie antwoord met 'n enkele fluit ZUMIEEE. Die Buffelwewers is soos TRUMP DEALMAKERS. As julle kinders in die Wildtuin die punte speletjie speel vir punte, vir wie die eerste 'n spesie sien. Hier is Oupa se Tip. As jy Hyaenas soek, kyk na die bome en as jy 'n boom met baie buffelwewer neste sien, soek in droee tye na 'n hyena den by stormwaterpype, en in nat tye na Hyena Denne in miershope. Daar is altyd 'n Buffelwewer neste naby Hyena tuistes. Hoekom ?. Ouma Mirs het al baie leeus gesien deur net sy ore wat flikker te sien. Dis die vlieee wat leeus so pla. Sit by 'n Hyena Den en kyk na die Hyenas en jy sal geen vliee of brommers sien nie - dankie Buffelwewer. Predatore van die Buffelwerwer is Bobbejane, Slange en Roofvoels. Die hyenas hou die Bobbejane weg. in ruil vir die brommer & bosluis service. Heel bo-op die boom met die buffelwewer neste, maak die Buffelwewer 'n ekstra stellasie, wat die Bateleur gebruik om sy nes op te maak. Vir hierdie siviele joppie wat die Buffelwewer doen, hou die Bateleur ander Roofvoels weg, en hy vang die slange. "n Bateleur is familie van Slangarende en vang ook Duiwe & Voels maar nie Buffelwewers nie. DIS DIE NATUUR SE DEAL .






No comments:

Post a Comment