Wednesday, July 18, 2018

Luiperd Snorre

Alle katte se snorbaarde is baie belangrike sensors waarsonder hulle heeltemal gedisorienteer sal wees. Luiperds se snorre is wyer as sy lyf en hulle het 30 plus snorre aan elke kan van die bek. Kort voor en langer agtertoe. As die Luiperd prooi bekruip stuur die snor seine na die senuweestelsel wat enige bos breedte en vibrasie optel. Die snor is nie hare nie maar keratien (renoster) en bevat 2000 sensatoriese selle per snor. Dus so 60000 per Luiperd. In vergelyking met n mens se sensatoriese selle wat 2500 selle het in al ons vingerpunte, gee dit n idee van n Luiperd bewustheid van sy omgewings veranderings en bewegings. Moenie julle kat se snor afsny nie hy sal nie weet waar hy is nie.


1 comment: