Friday, July 27, 2018

Jakkalsbessieboom - Koning van alle bome!

40m hoog, Immergroen, Riviere Spruite Iope se oewers vanaf KZN tot in Namibia. Vrugte word ryp Julie tot September. As daar in KNP nie diere in die warmte van dag is nie, soek 'n Jakkalsbessie en sien sommer 5 of ses diere spesies op een slag terwyl jy lekker in die koelte sit met 'n ligte verversing of twee. Bedags sal jy Bobbejane, Ape, Loeries, Pappegaaiduiwe, Neushoringvoels in die boom sien wat vrugte vreet. Hulle mors vreeslik en onder die boom sal jy Nyala, Rooibok. Koedoe, Vlakvark ens sien. Snags is die boom vol Uile en Muskeljaatkatte wat die muise en rotte, wat onder die boom kom vrugte eet, vang. Vrugte Vlermuise en Nagapies dan ook volop. Siwette & Jakkalse vreet ook snags aan die grondvrugte en vang dan ook sommer muise & rotte. Op die grond in besit van ons geagte volksgenoot Konings word met alle bos vuur gemaak, net nie die Marula & Jakkalsbessie nie want met die vrugte maak hulle lekker bier. In die Okavango maak hulle kanoes. Jakkalsbessie se blare, takke & wortels het tannien en 'n konkoksie daarvan word gebruik om bloeding te stop en ook vir vele ander maagkwale. Die wortels bevat 'n hoe konsentrasie van Plumbagin wat 'n antibiotika is vir kanker en dit genees ook melaatsheid.






No comments:

Post a Comment