Sunday, July 8, 2018

Tuskers

'n TUSKER is n Bul wat se Ivoor langer as 1.5 m en meer as 40kg weeg. In Afrika se 415000 oorblywende Olifante is daar nog net 35 Tuskers oor, waarvan 17 in die Wildtuin & Tembe KZN voorkom. Die fotos is van Isilo (Zulu vir Koning) wat tot sy dood in Jan 2014 Afrika se grootste Tusker was. Sy tande was onderskeidelik 2.6 & 2.8m lank en het saam 123kg geweeg. Die sluikhandel prys in 2014 was $2100 per kg. Isilo se Ivoor was dus so R40m werd. Satao van Kenya die 2e grootste Tusker is verlede November 17 doodgeskiet gevind en sy Ivoor het 113kg geweeg. Isilo is van Honger dood op 57jaar oud. Dis n natuurlike dood. Olifante het sewe stelle moulder tande . Elke sewe jaar verslyt een stel na 50 jaar die laaste en dan gaan Oom Olie van wanvoeding dood. Baie word deur Ivoorjagters gedood.



No comments:

Post a Comment