Monday, July 23, 2018

Siwet - Mortaliteit en mis

Ons weet nou al dat Siwet 'n bydrae maak tot Parfuum & Koffie. In Storie 1 het Oupa belowe hoekom jy Siwet vroegoggend op die pad dood kry. Die fotos vertel die storie en is in 2004 baie vroeoggend deur Oupa en Oom Uli geneem. Shongololos of Duisendpote is BAIE giftig ( Sal in die volgende storie Shongololos se storie vertel) . SIWETTE is die ENIGSTE Dier of Voel in Afrika wat duisendpote eet. Die siwet karkas moes vroegoogend gesterf het anders sou die Hyenas hom al weggedrae het. Hy is nie van Gif dood nie anders sou daar braaksel wees. Hy is dus doodgery en die brommers is altyd eerste op die bebloede toneel. Die pad was vroegoggend papnatgedou en baie Shongololos kom pad toe. Stuifmeel & Fungi versamel in die veld en op paaie. In die veld is die dou oppi gras, maar op die teerpad oppi padoppervlakte. Die dou oppi pad maak die Stuifmeel oplos en die Shongololos kom dus in hulle hordes vroegoggend pad toe voor die dou verdamp vir 'n feesmaal. Die Siwette volg om die duisednpote te eet en word deur Wildtuin Werkers wat kamp toe jaag doodgery. Siwette maak middens ( Familie Toilet) soos renosters. Die gesamentlike toilet baken die Siwet se terrein af. As julle kleikinders eendag soos oupa in die bos loop en jy ruik die slegste reuk denkbaar moet jy weet dit is 'n Siwet toilet. Net leeus poof stink erger as die van die Siwet. 'n Ent verder van die karkas af het ons n Siwet midden gekry en soos julle kan sien bestaan die omtrent net uit duisendpoot doppe. Die ander Midden foto is by Timbavati naby 'n Jakkalsbessieboom geneem daarom die baie bessies inni poof. Uli wou nie koffie daarvan maak nie. Wanneer ons oor spoorsny gesels sal julle soos op die twee poof fotos wys dat elke drol vertel 'n storie. (Wildpoof nie Jacob Zuma en sy makkers nie.)






No comments:

Post a Comment