Friday, July 27, 2018

Ibisse (Sacred Ibis & Hadeda)

Die Sacred Ibis kry sy naam van die Antieke Egiptenare. Die Sacred Ibis was die afgod van kennis. Hulle is saam met die Faroes en Hooggeplaaste amtenare in hulle derduisende per Piramied gemumifiseer en saam begrawe. Wanneer ander heersers die Faroe besoek was die geskenke wat hulle saamgebring het meestal Sacred Ibisse. Hierdie praktyke het veroorsaak dat daar vandag geen Sacred Ibisse in Europa & Egipte meer bestaan nie. Die raasbek Hadeda Ibis is bekend aan ons almal en was oorspronklik ook 'n watervoerder. Habitat verdwyning in die vorm van minder "Wetlands" het die Ibisse na Stedelike Afvalhope (Sacred Ibis) en Stedelike Tuine (Hadeda) laat gaan vir hulle voortbestaan. Die twee voels lyk altyd of hulle soos 'n blinde hoender aanhoudend pik in die hoop om 'n mieliepit raak te pik. Dit is nie so nie en hulle het 'n fyn haarstelsel in hulle bekke wat sodra hy sy bek in die water of grond steek 'n elektriese impuls uitstuur wat dan die padda of erdwurm laat vibreer en walla kos is gevang. Naby wetlandlande is bepaal dat die maaginhoud van Sacred Ibisse as 90% uit paddas bestaan , hulle spesialiseer dus in paddavang. Hadedas se maaginhoud 60% erdwurms.




No comments:

Post a Comment