Tuesday, July 31, 2018

Buffelwewer neste

In 1958 het twee pasopgeleide vleeniers van die Rhodiese (Zimbabwe) Lugmag op 'n oefenvlug verdwaal. Toe hulle brandstof iewers oor Botswana opraak, toe land hulle 100 km suid van die dorpie Kikao op 'n soutpan in die Kalahari. Na 21 dae is die vliegtuig opgespoor en 'n span Boesmans is ingespan om hulle te soek. Hulle het vanaf die vliegtuig noord begin stap en rigting verloor. Toe hulle lyke gekry is het hulle 180 km in 13 sirkels gestap en drie maal naby dieselfde boom met Buffelweverneste verbygestap. Hulle wydste sirkel se toppunt noord was net 10km van die dorpie Kikao af. Die spoorsnyers verslag het gewys dat hulle by vele Tsama plante verby is en, dat hulle 2 dae voor hulle dood is, Gemsbokkomkommer geeet het, wat hulle mage erg laat ontwater het, dit het hulle dood verhaas. Die spoorsnyers het gewys dat daar elke 7 tot 10 km 'n boom was met Buffelwewerneste in, en dat as die twee boskennis gehad het, dat Buffelwewers net aan die noorde kant van die boom neste maak, en hulle noord gehou het sou hulle binne 3 dae by Kikao gewees het. Die oorledenes was oortrek met geel spinnekopdrade. Die spoorsnyers het die soek party 'n paar plekke gewys waar voels in die spinnerakke gevang was en ook 'n uil, wat as die manne die boskennis gehad het, kon hulle kos by die Spinnekoppe steel. Die wewer neste is noord vir winter warmte en koeler somers.






No comments:

Post a Comment