Thursday, July 12, 2018

Termiethope

Die deel van die termiethoop wat bo die grond uitsteek is slegs 10% van die totale grote van die nes. (soos n Ysberg). Termiet bevolking is massief en dit dit word gereken dat hulle totale wêreld massa 2 x groter is as die gewig van alle soogdiere saam.  Hulle dra gras in die nes in. Hulle gebruik baie meer gras as wat al die wild in die wildtuin eet. In die nes bo-op die gras plant hulle paddastoel spore wat dan hulle voedsel produseer. Die kompos vorming van die gras veroorsaak hitte en die hele nes se temperatuur word so konstant gehou op 36 grade C. As die nes in die somer te warm word dan maak hulle n koorsteen, soos op die foto, wat die hitte laat ontsnap. Wilde diere gebruik die termiethope om wag te hou en te kyk vir prooi.  Kyk altyd bo-op termiethope vir roofdiere.



1 comment:

  1. Kyk of comments werk op die blog sodat die kleintjies vir Oupa kan terugskryf. Anna xx

    ReplyDelete