Wednesday, July 25, 2018

Shongololo duisendpoot

Duisendpote het SIANIET in hulle lywe. SIANIET is een van die top vyf gifstowwe in die wereld. SIWETTE enigste dier wat se maagsuur die sianiet neutraliseer, hulle is dus imuun virri gif. Khoisan gebruik die duisendpoot ekskreet om aan hulle gifpyle te smeer. Sianiet verbind met die Ysteroksied in die bloedstroom. ( Oksied = Suurstof) Sodra die geaffekteerde suurstoflose bloed die brein bereik is jy dood. Boesmans hoef nie die dier soos ons geweer jagters 'n doodskoot te gee nie. Die pyl kan enige plek oppi dier se lyf tref en die gif sal sy pad uiteindelik brein toe vind. Khoisans soos almal weet ,volg sulke raakskoot diere vir baie kilometers tot hulle die karkas kry. Omdat die duisendpootsianiet so stadig werk het die Boesmans Naboomsap by die ekskreet gevoeg. Naboom se wit melksap is baie giftig. As jy 'n klein druppeltjie op jou vel sit dan sal jy 'n vinnige irritasie wat van 'n speldkop grote na 'n vyf rand grote sal versprei. Die rede hoekom die boesmans die Naboommelksapsap met die Duisendpoot ekskreet meng is sodat wanneer die pyl ingaan, versprei die melksap die gif na meer bloedvate en die dier gaan gouer dood. MIRS DIT IS NIE PYNLIK NIE, DIT IS SOOS JOU HOND BY DIE VEAARTS UITSIT.






No comments:

Post a Comment