Sunday, July 22, 2018

Siwet - parfuum

Hierdie 'n baie interresante nagdier. Soos in Oupa se jeugdae het ons elke Saterdag 'n serial gesien in die flieks. Die SIWET stories is in 3 serials. Storie 1.
SIWET 'n nagdier en julle het hom al gesien by Satara se nagrit toe hy oppad kamp toe hy oor die pad geloop het. Hy word as jy vroeg ry (soos Oupa) baie doodgery op die wildtuin teerpaaie gesien. Sal later vertel hoekom. SIWET het buite sy alie aan weerskante twee kliere wat 'n pasta tipe afskyding maak waarmee hy sy terrein merk. Die pasta ruik aaklig behalwe as dit verdun word. SIWET produseer so 100gram pasta per week. Vir die manne wat MUSK gebruik om die girls te impress, is die pasta die oorsprong van die onderarmsproei. Die Parfuum Industrie betaal R8000 per kilogram vir die pasta. In die res van Afrika is daar gevolglik plase waar die SIWET in haglike toestande aangehou word en die pasta weekliks geoes en aan die Parfuum industrie verkoop word.




No comments:

Post a Comment