VRUGTE VLERMUISE -AL HIERDIE FOTOS IS BY SKUKUZA GENEEM. HULLE SLAAP ONDER DIE DAK BY DIE RESTAURANT EN EET WILDEVYE BY DIE KANT VAN DIE SABI RIVIER. HULLE BLY HEEL JAAR DAAR WANT WILDEVYE WORD DWARSDEUR DIE JAAR RYP. VLERMUISE IS DIE ENIGSTE SOOGDIER IN DIE WERELD WAT KAN VLIEG - BATMAN HET 'N KABEL NODIG. VLERMUISE IS 20% VAN DIE WERELD SE SOOGDIERE INSLUITENDE DIE MENS BEVOLKING SO DAAR IS BLEDDIE BAIE VLERMUISE. KYK NA DIE 1E FOTO GROOT OE , KLEIN ORE EN GROOT NEUS. SIEN BETER AS DIE MENS - SO DIE OUENS WAT SE VLERMUISE IS BLIND MOET HIERDIE LES LEES. VRUGTE VLERMUISE VREET NET WILDEVYE EN VYE SKEI 'N WITSAP AF WANNEER HULLE GROEN IS. EET 'N SLAG GROENERIGE VYE EN VOEL HOE BRAND JOU MOND. DIE VRUGTE VLERMUISE RUIK WANNEER DIE WILDEVY RYP IS EN WEET SO VOOR ALLE ANDER VYVRETERS WANNEER DIE VY REG IS. HULLE GAAN SIT OP TAKKE EN POOF OOK SOMMER SO IN DIE LUG EN VERSPREI SO DIE VYEBOOM SE SAAD - NOG 'N DEALMAKER IN DIE NATUUR. IN DIE NAG HOOR JY HULLE SKREE DIS BY VRUGTE VLERMUISE NIE ECHO OPSPORING MAAR GEROEP VIR PARTNERS OM MEE TE PAAR. AL HOEKOM HULLE IN DIE NAG VLIEG IS OMDAT DIE SON HOM MET DAAI DUN LYFIE HOM DOODBRAND.
No comments:
Post a Comment