Thursday, October 18, 2018

Vir my Liewe pelle

Vandag is Wanda van Heerden se verjaarsdag.  Sy en haar man Piet, en Kokkie Schoeman was saam met my en Mirs 'n driemanskap wat die wêreld getoer het agter die natuur aan.  Wands se verjaarsdag het my na my pelle laat verlang en ek dra hierdie storie op aan my oorlede bondgenote.


Die foto's is geneem tussen die Savuti en die Okavango.  Ek en Kokkie was saam met 'n lugmag jumbo vlieenier in een Sessna en Piet en Rodney Thorpe in die ander Sessna.  Die foto's is op 'n hoogte van 800 meter geneem en soos julle kan sien kyk die roofvoëls nie eers vir ons nie.  Hulle kyk grond to vir prooi.  Die twee vlieeniers het mekaar aanmekaar gewaarsku oor voëls in ons vlugpad, maar ons brawe manne (gedop) het geweier dat hulle hoogte verander.


As jy van 800 meter af grond to kyk dan sien jy bitter min.  'n Olifant is vrek klein.  Daai jare was my stokperdjie fotografie en dit was my teiken om alle voëls van RSA af te neem.  Die Visarend hierbo was die maklikste om af te neem... jy vang 'n tiervissie, druk 'n stokkie palmiet in sy agterstewe op, gooi op die water om te dryf en whala Visarend is daar.


My kamera was 'n Canon met 'n Novoflex 1220mm lens van so half meter lank... dit was die laaste fotos wat ek daarmee geneem het.  Ek en Piet het saam in 'n tent geslaap en snork (Piet kon maar ek kon myself nie hoor nie) in die middel van die nag skrik ek wakker toe 'n hyena aan my gesig lek!!  Groot geskrik hoog gespring en met die afkom op my kamera geland.  Koebaai kamera.. en lens.  RIP my liewe pelle.

No comments:

Post a Comment