Friday, October 26, 2018

Heuningby 101

Die fotos is by oorlede Abe Goussard by United Beeline in Oudtshoorn geneem.  Hy was RSA se top byekenner en hy het my baie oor bye geleer.  Ek het hom gaan vra hoekom my verskillende kultivar aalwyne verskillende kleure stuifmeel het... toe wys hy my 'n korf met heuning met stuifmeel met baie verskillende kleur wat afkomstig was van lusern, aalwyn, veldbomme, vygies, spekboom ens.


Verskillende stuifmeel word nie vermeng in die korf nie.  Dit neem 40 000 bye om 'n teelepel heuning per dag te maak.  Daar is die werkers wat net nektaar in 'n spesiale sak onder hulle maag kollekteer - die gaan direk korf toe.  Die stuifmeel vergaarders gee die stuifmeel oor aan 'n by by die bek van die nes en die stuifmeel word van by na by aangepass tot dit verwerk in die korf gestoor word.



In die werk seisoen - somer - leef die werker bye net so 10 dae.  So daar moet nuwelinge met spoed op die scene kom.  Hierdie foto wys 'n jongby.


Die Bybel is propvol heuning stories, ons was al by melk en heuning met wildevy 101.  My gunsteling bybelstorie is... hierdie is 'n natuurkundige se weergawe en nie, ek herhaal, nie 'n teologiese weergawe nie.

Simson wat die fillistyne moes uitsort het verlief geraak op 'n mooi heidense meisie.  Die Allerhoogste het nie van die situasie gehou nie en wou ook die heidenne straf.  Simson maak toe 'n leeu dood en oppad na die girl toe sien hy 'n heuningnes in die dooie leeu se karkas.  Hy eet toe daarvan en gee ook vir sy ouers daarvan wat nie geweet het die heuning kom uit 'n leeu karkas nie.  'n Leeu en 'n by is onrein maar heuning is rein.  Leeu + heuning is saam onrein.  By Simson se troue party gee hy die Fillistyne 'n raaistel en sy vrou bedrieg hom deur aan hulle die antwoord te gee "wat is soeter as heuning? wat is sterker as 'n leeu?"  Julle Oupa.

Simson moes toe 30 Fillestyne doodslaan om die 30 stelle klere weedenskap te kan betaal.  Sy vrou trou toe met die strooijonker en die Allerhoogste het so Simson en die Fillestyne uitgesorteer.  Sonder bye is ons daarmee heen.


In Amerika en Europa het die bye bevolking al met 50% gedaal.  In Israel is daar wette om bye te beskerm.  Die bye vrek as gevolg van 'n chemikalieë in spuitstof en 'n miet wat hulle sappe uitsuig.  Die moderne tendens vir optimale bestuiwing is om korwe na lande toe te neem vir bestuiwin.  Die praktyk maak dat besmette korwe die ander aansteek.  In Israel word die vervoer van korwe nie toegelaat nie en hulle byebevolking bly gesond en konstant.

No comments:

Post a Comment