Wednesday, October 10, 2018

Olifante

OLIFANTE - BOSKENNISUITRUILING - EK EN ULI HET IN 2004 IN DIE WILDTUIN MET HIERDIE KOEI MET KALFIE 'N GESELSIE AANGEKNOOP. 'N KOMBI STOL AS JY TEEN TE LAE REFS RY .ONS MOES MAAR GESELS WANT GEWOONLIK IS 'N KOEI MET 'N KALF MAAR ONVRIENDELIK.
SY HET HAAR SLURP SE PUNT TEEN DIE KAMERA VASGEDRUK EN HET OOK SEKER ONS KOFFIE GERUIK. DIE HELE POSTUUR VAN DIE KOEI WYS DAT SY HEEL GEMAKLIK MET ONS WAS - KYK DIE ORE, BENE EN DIE MANIER WAAROP DIE VOORPOTE STAAN - WIL BESLIS NIE STORM NIE, DAAR IS REEDS EEN IN DIE KAR SAAM MET 'N DUITSER. DIE OLIFANT SE REUK EN GEVOEL MET SY SLURP IS ONGELOOFLIK. HY KAN 450KG OPTEL MAAR 'N PEANUT KRAAK EN SY GEVOEL IS .25MM DIEP WAT SO SAG IS ASOF JY JOU ARM MET JOU HAND SAGGIES STREEL.

OLIFANTE HET NES SOOS SLANGE 'N "JACOBSON ORGAN" BO IN SY VERHEMELTE WAARMEE HY REUKE ANALISSEER. HULLE HET 'N KLANK SPEKTRUM VAN SO LAAG AS 4 HZ WAT GEEN ANDER DIER KAN HOOR NIE OOK NIE ONS NIE . DIE KLANK KAN 360 GRADE VIR 6 KILOMETERS DEUR ANDER OLIFANTE GEHOOR WORD. 'N OLIFANT HOOR OOK MET SY POTE. HY KAN SEISMIESE KLANKE EN SELFS DONDERWEER VOEL LANK VOOR DIT GEBEUR. IN 2004 BY PHUKET MET DIE TSUNAMI HET DIE OLIFANTE TWEE DAE VOOR DIE TYD HOE GROND GAAN SOEK. WAAR SIT 'N OLIFANT SE OORGATE????
Sy oorgaatjie sit aan voorkant van oor waar die oor aan die kop vas is aan die bokant...

No comments:

Post a Comment