Sunday, October 14, 2018
FISKAAL LAKSMAN
DIE FOTOS IS ONS LAKSMAN NES BY SUID KAAP BESPROEIING - DIE BOERE NAAM HET ONTSTAAN UIT - FISKUS IS ONTVANGER VAN INKOMSTE M A W OPGAARDER- DIE FISKAAL WAS DEUR EEUE DIE INVORDERAAR VAN BELASTING - IN DIE OU TYD HET DIT MET UITERSTE WREEDHEDE GEPAARD GEGAAN - AS JY NIE BETAAL NIE STERF 'N FAMILIE LID OF JOU HAND WORD AFGEKAP - EN VANDAAR DIE KONOTASIE MET LAKSMAN. 'N LAKSMAN VANG NET SY PROOI MET SY BEK - SY POOTJIES IS NIE DAARVOOR GESKIK NIE - HY VANG INSEKTE, VOELS , MUISE , REPTIELE - SODRA DIE PROOI TE GROOT IS HANG HY HOM OM OP - DIT IS AL HOE HY DAN DIE PROOI KAN VREET, WANT HY KAN NIE VASHOU MET SY POTE NIE. 'N LAKSMAN IS SOOS 'N LEEU TUSSEN BEESTE - HY SAL ALMAL DOODMAAK OMDAT DIT MAKLIK IS - N LAKSMAN MAAK VOOR DIE VOET DOOD EN HANG OP WAT HY NIE VREET NIE - VANDAAR OPGAARDER - BAIE PROOI WORD DAN NET KURKDROOG EN BLY ONBENUT. OP ONS DRAAD IS TOT BROOD WAT EEN VAN DIE PERSONEEL BY DIE NES GELOS HET - LAKSMAN EET NIE BROOD NIE , MAAR TOG HET HULLE DIE BROOD GAAN STOOR. LAKSMAN FAMILIE HET 'N TUISAREA VAN 500M2 GROOT. WANNEER DIE KUIKENS GROOT IS BLY EEN VAN DIE WYFIE KUIKENS ID DIE AREA AGTER- PA, MA & RES VAN DIE KROOS GAAN SOEK NUWE TUISAREAS. JONG MANNETJIES VAN ANDER AREAS DAAG DAN OP BY DIE TUISWYFIE EN SY SOEK VIR HAAR 'N LEWENSLANGE MAAT UIT. SO MAAK DIE NATUUR VOORSIENING VIR GENE VERSPREIDING.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment