Wednesday, October 31, 2018

Brandwag

GEORGE BRANDE

Dis hoe dit van Saterdag af hier by ons dag en nag gegaan het.  

Toe ek jonk was was ek mal oor bobbejane en die gevolg was dat my bynaam brandwag adoons was, soos die strokiesverhaal destyds in die Landbouweekblad.

Laksmannetjie update

Hier is twee van ons 4 kantoor laksmannetjies. Een is doodgery en die ander een nog nie vandag gesien nie. Die twee bad en dis 14 grade.


Wat sien ons??

Sand Spring Spinnekop. Spin nie jag oppi grond. Nie giftig nie.

Swart Mamba in sy nes

Luiperd in Mopani bos

Naguil in die Baviaanspoort

Mierleeu

Friday, October 26, 2018

Bosvark

As jy op so 'n bossie nes innie bos afkom het jy een van drie probleme... dis of 'n bosvark of 'n swart mamba of 'n pofadder se nes.



Bosvark baie gevaarlik.  Die manne wat hom snags jag met honde het al baie honde verloor met daai vlymskerp tande.

Ry hom raak in die nag en dit is soos 'n klip raakry... jou kar is poegaai.

Die foto met die koedoe is op Thabazimbi op die myn se wildsplaas voerplek afgeneem.  Mens sien die bosvark net bedags as dit erg bewolk is.  Hy plunder snags lande.

Die foto is 'n slangnes met 'n slang daarin...


Heuningby 101

Die fotos is by oorlede Abe Goussard by United Beeline in Oudtshoorn geneem.  Hy was RSA se top byekenner en hy het my baie oor bye geleer.  Ek het hom gaan vra hoekom my verskillende kultivar aalwyne verskillende kleure stuifmeel het... toe wys hy my 'n korf met heuning met stuifmeel met baie verskillende kleur wat afkomstig was van lusern, aalwyn, veldbomme, vygies, spekboom ens.


Verskillende stuifmeel word nie vermeng in die korf nie.  Dit neem 40 000 bye om 'n teelepel heuning per dag te maak.  Daar is die werkers wat net nektaar in 'n spesiale sak onder hulle maag kollekteer - die gaan direk korf toe.  Die stuifmeel vergaarders gee die stuifmeel oor aan 'n by by die bek van die nes en die stuifmeel word van by na by aangepass tot dit verwerk in die korf gestoor word.



In die werk seisoen - somer - leef die werker bye net so 10 dae.  So daar moet nuwelinge met spoed op die scene kom.  Hierdie foto wys 'n jongby.


Die Bybel is propvol heuning stories, ons was al by melk en heuning met wildevy 101.  My gunsteling bybelstorie is... hierdie is 'n natuurkundige se weergawe en nie, ek herhaal, nie 'n teologiese weergawe nie.

Simson wat die fillistyne moes uitsort het verlief geraak op 'n mooi heidense meisie.  Die Allerhoogste het nie van die situasie gehou nie en wou ook die heidenne straf.  Simson maak toe 'n leeu dood en oppad na die girl toe sien hy 'n heuningnes in die dooie leeu se karkas.  Hy eet toe daarvan en gee ook vir sy ouers daarvan wat nie geweet het die heuning kom uit 'n leeu karkas nie.  'n Leeu en 'n by is onrein maar heuning is rein.  Leeu + heuning is saam onrein.  By Simson se troue party gee hy die Fillistyne 'n raaistel en sy vrou bedrieg hom deur aan hulle die antwoord te gee "wat is soeter as heuning? wat is sterker as 'n leeu?"  Julle Oupa.

Simson moes toe 30 Fillestyne doodslaan om die 30 stelle klere weedenskap te kan betaal.  Sy vrou trou toe met die strooijonker en die Allerhoogste het so Simson en die Fillestyne uitgesorteer.  Sonder bye is ons daarmee heen.


In Amerika en Europa het die bye bevolking al met 50% gedaal.  In Israel is daar wette om bye te beskerm.  Die bye vrek as gevolg van 'n chemikalieë in spuitstof en 'n miet wat hulle sappe uitsuig.  Die moderne tendens vir optimale bestuiwing is om korwe na lande toe te neem vir bestuiwin.  Die praktyk maak dat besmette korwe die ander aansteek.  In Israel word die vervoer van korwe nie toegelaat nie en hulle byebevolking bly gesond en konstant.

Gebruik die rooibokke

Die meeste bokke in die KNP is rooibokke en dus die meeste beskikbare roofdier prooi.  Moenie altyd "ag alweer rooibokke" sê nie... hou hulle dop en lees die "signs".
Op die fotos tussen Onder Sabi en Tshokwane het ek op die Impala ooie en Kameelperd afgekom.  Wind waai links na regs.  Bokke kyk regs met ore gespits.


'n Aanval sal nie saam met die wind kom nie... Het 50 meter terug gery... en daar is Oom Leeu in die lang gras - lekker gekammo!

--Hy het sy oor geflikker van vliee wat pla. Mirs & Ene Super Spotters!

Wednesday, October 24, 2018

Boom padda

Die boom padda het Ruan en die worsies gister in ons tuin ontdek.  Sy naam is Botswana Riet padda.  Hy kan sy kleure van grys na geel na groen verander soos 'n verkleurmannetjie.  Sy kleurverandering is vir kamoflering en om laksmanne te waarsku hy is giftig.  Hy is vrek klein soos 'n vyf rand stuk.  Daar is duisende spesies boom paddatjies in die wêreld.






Tuesday, October 23, 2018

Wildevye 201

Die wildevy en die bybel.

Eva het haar naaktheid bedek met vyeblare.  God het by die braambos aan Moses Kanaan, die land van melk en heuning, belowe en die heidene wat verslaan moes word uitgestippel.  Die melk dui aan dat daar bokke en skape kon wei in oorvloed.  Die heuning kom van bye wat stuifmeel en nektar nodig het.



40 000 bye maak een teelepel heuning per dag dus nog 'n aanduiding van die oorvloed wat belowe is.
Twee jaar na die uittog uit Egipte het hulle by die berg Nebo aangekom en Moses het 12 verkenners, een uit elke stam, vir 40 dae gestuur.  Hulle het teruggekom met 'n moewiese druiftros, granate en vye.


Moses is oorlede en die volk moes 40 jaar (2+38) in die woestyn swerf oor tien verkenners bang was en nie in God se beloftes geglo het nie.  Die druiwe en granate word bestuif deur die bye en die wildevye nie.  Die hele ou testament is vol verwysings na vye en heuning.  Soldate en manne met meriete het grond, weiding, wingerde en vyebome as vergoeding gekry.  Belangrik:  Meriete.

Jesus het die vyeboom bestraf toe die boom nie vye gedra het nie want Jesus het geweet 'n vyeboom dra 365 dae 'n jaar vye.  Die boom wat nie gedra het nie het toe verwel en gevrek soos al die vye in Moses se tyd in Egipte.

Hierdie is 'n baie ou vyeboom wat ek afgeneem het in 1978 en die ander foto is van die berg Nebo waar Moses gestaan het en wys hoe Kanaan in 1978 gelyk het.



Monday, October 22, 2018

Olifante Wanki

In die sewentigs het ons jaarliks tiervis gaan vang by die Kariba dam.  Op pad soontoe het ons altyd by die Wankie wildreservaat net noord van Buluwayo in Rhodesia (Zimbabwe) oorgeslaap.



Hierdie Olifant foto's is daar geneem.  Die ivoor stropers het met 'n nuwe geneuk begin deur die watergate in Wankie met paraquat onkruiddoder te vergiftig.  Daar is reeds 18 olifante aan vergiftiging dood en vele roof en aasdiere wat aan hulle karkasse vreet.  Ook aasvoëls en die waterlewe in die poele is besig om uit te sterf.



Die gif is by die handelaar sin Buluwayo vrylik te koop.  Wat desperaatheid om oorlewing mense na toe dryf is onbeskryfbaar.  Baie hartseer.




Sunday, October 21, 2018

Wildevy 101

Die Ficus is die latynse naam vir alle wildevy spesies.  Daar is 840 wildevy spesies in die wêreld.  Ek ken 14 soorte wildevye in die Wildtuin.  Allle wildevye kan nie onder mekaar uitbaster nie alhoewel hulle dieselfde gene het.  Die Wildevy bosstorie kom van baie vêr af en julle moet die hoekoms en waaroms vra om die storie te maak werk.



Weildevye is die wonderwerk van die natuur.  Ons begin in antieke Egipte.  Wildevye het in oorvloed aan die walle van die langste revier in die wêreld, die Nyl, gegroei.  Die aniteke egiptenare was afhanklik van die vy as voedselbron.  Ek het baie foto's feneem van hirogliewe by die Vallei van Konings in Egipte en 'n studie gemaak van die diere en bome wat daarop voorkom.




Die wildevy het van voedselbron, na lanings na die Farao se paleis, en toe na onstspanning as tuinbome vir koelte gevorder.  Argeologiese opnames toon dat die wildevy so 3500 jaar gelede heeltemal in Egipte uitgesterf het en die wildevy bestaan vandag nog nie mer in Egipte nie.  Hier is die breinkraker nou!!

Die vierde plaag het moses vir die Farao gesê stuur ons weg om te bid en is geweier... toe word al die stof van Egipte steekvlieë... die volgende dag het Farao belowe en Aaron het sy staf geslaan en al die vlieë in Egipte het gevrek... daarom is daar nie meer wildevye in Egipte nie???



Saturday, October 20, 2018

Bobbejaan Spinnekoppe

In die sewentiger jare het Pres. Johan Vorster 'n ondersoekspan saamgestel wat in die Noorde van die Wildtuin die lewensvatbaarheid van die van Kooks-kole vir Yskor te gaan doen.  Ek en my vriend, Piet van Heerden, was deel van die span.  Hy het die weermag verteenwoordig en ek Yskor.  Die hoof van die span was Prof Lombaard van UP.  Ons moes vanuit Rhodesia (nou Zimbabwe) oor die Limpopo die Wildtuin in.



  Die uwe is regs langs die bus besig om die uitgrawery te vermy.


Snags by die kampvuur het die roman of bobbejaan spinnekoppe lig toe gekom saam met baie skerpioene.  

 Die spinnekoppe en die skerpioene het fees gevier aan die geitjies, paddas en vliegmiere.




Die versteende gogga was by die ondersoek area...nooit uitgevind wat dit is nie maar dis 'n gogga wat iets vang...

Ons het natuurlik ook spinnekoppe en skerpioene gevang en saam in 'n blik gesit om te veg... Mirs gaan my vermoor... Koebaai almal.

Friday, October 19, 2018

Wegkruipertjie

Die bos gaan oor wegkruip vir predatore of "trap" stel om prooi te vang.  In die Kruger Nasionale Park mag jy nie drink en drive nie... so stop maar en kyk rond terwyl jy jou keel natmaak.




Kyk na die bos, bome en op die grond.  Ons is te gewoond net om diere te sien.  Kyk wat maak die dier en die boom "tick"... hierdie foto's wys kamofleer vermoens.  




As daar nie dou op die spinnekop se web was nie het ek hom noooiiit gesien nie!