Friday, August 3, 2018

Termietneste - temperatuur beheer

'n 100 jaar voor Oupa se geboorte in 1843 het die Voortrekkers in die Oos Vrystaat 'n paar beeste vermis en almal het gaan soek. Racheltjie de Beer en haar boetie Dirkie het verdwaal, en daar was sneeu in die Drakensberg, aan die kom. Racheltjie het toe al haar klere vir Dirkie aangetrek en hom in 'n miershoop erdvarkgat gestop. Racheltjie het verkluim en Dirkie het dit gemaak. As Racheltjie geweet het dat termiet neste gereguleer word en die temperatuur minimum 32 grade C in die hoop is , kon sy maar liewer in 'n ander miershoop ingekruip het dan sou albei dit gemaak het. Vir my kleinkinders se Wildtuin punte spel. Kyk altyd op Termiethope vir roofdiere ( Jagluiperds, Luiperds , Leeus, Hyenas). In die winter vir Meeerkatte & Muishonde, en in die somer na reen wanneer die paddastoele bo-op die termiethoop uitkom moet julle maar met die verkyker kyk want die paddastoele lyk baie soos meerkatte & muishonde.






No comments:

Post a Comment