Friday, August 3, 2018

Leeus se jagtegniek

Leeus bestaan gemiddeld uit 15 tot 20 per trop. Is territoriaal en die mannetjies beskerm en beheer 'n area van gemiddeld 100 vk km.Trop bestaan gewoonlik uit een of twee dominante volwasse mannetjies en so 5 tot 8 volwasse wyfies (onthou die neuse). Leeus moet groot diere vang om die die hele trop te kan onderhou. Prooi soos Buffels, Zebras en Blouwildebeeste is dus voor op die menu. 'n Leeu vang nie 'n dier wat stilstaan nie, want die leeu het momentum nodig om die dier plat te trek. 'n Prooi wat weghol se agterwereld is die target want sy voorkant met horings is gevaarlik. Die leeu wyfies het 'n organisasie struktuur ( Soos 'n Besigheid ). Daar is 'n hoofjagter, aanjaers, rigtingvorseerders en die mannetjies. Die Leeu jagters beplan hulle jag as volg - die hoofjagter gaan ver voor die trop stelling inneem, die rigtingvorseersderders aan weerskante van die prooi. Die aanjaers maak dan agter die trop hulle sigbaar vir die prooi en loop aanvanklik nader en al hoe viniger totdat hulle die prooi trop in beweging het. Die rigtingvorseerders sorg dat die prooi in die rigting van van hoofjagter hardloop. Sodra die Prooi by die hoofjagter verbykom selekteer sy 'n prooi aan die einde van die prooitrop. Die hoofjagter spring dan op die prooi se rug en byt die rugstring om die prooi te verlam. Die rigtintingvorseerders is dan byderhand en byt die Prooi se hakskeensenings af. Die leeu mannetjie spring op die Prooi en sy gewig laat die dier val waarna 'n mannetjie of wyfie die prooi se gorrel toebyt en die dier versmoor. MOENIE VIR ENIGE WILDE DIER WEGHARDLOOP NIE -DIS IN HULLE GENE OM BEWEGENDE GOED AAN TE VAL. AS JY HOL ISSSSS JY DOOD - AS JY STAAN HET JY 80% KANS.


No comments:

Post a Comment