Friday, August 17, 2018

Kameelperde en leeus

Leeus in Krugerpark kry 55% van hulle kos van Kameelperde wat hulle vang. Baie Leeu "Sightings" is van vangste naby die paaie, watergate & teen klipperige rante. Hoekom ? Kameelperde kan net Loop en Gallop. Loop met een kant van die lyf se bene gelyk en balanseer met die lang nek. Gallop met die agter bene wat altwee voor die voorbene land. Van die teerpaaie in die wildtuin begin is gly 'n gallopende Kameelperd as sy agterpote op die teer tref. Leeus weet dit en vang dan die van balansaf Kameelperd . Netso weet Leeus dat Kameelperde nie klipperige bulte kan hanteer nie. By die water is dit maar die ongemaklike manier om water te drink. Lielan se vir Oupa dat die ouderdom van Kameelperde word bepaal deur hulle grote en niks te maak met kolle nie. Kyk die jakkals op die eerste foto . As julle leeus soek kyk vir aasvoels en jakkalse. Jakkalse is altyd naby 'n vangs. Leeus slaap 20 uur per dag en word dan moeilik gesien , met bietjie geluk sal een van hulle die Jakkalse wegjaag en onthou om die leeuore wat die vliee pla te check.







No comments:

Post a Comment