Friday, August 17, 2018

Kameelperde en leeus

Leeus in Krugerpark kry 55% van hulle kos van Kameelperde wat hulle vang. Baie Leeu "Sightings" is van vangste naby die paaie, watergate & teen klipperige rante. Hoekom ? Kameelperde kan net Loop en Gallop. Loop met een kant van die lyf se bene gelyk en balanseer met die lang nek. Gallop met die agter bene wat altwee voor die voorbene land. Van die teerpaaie in die wildtuin begin is gly 'n gallopende Kameelperd as sy agterpote op die teer tref. Leeus weet dit en vang dan die van balansaf Kameelperd . Netso weet Leeus dat Kameelperde nie klipperige bulte kan hanteer nie. By die water is dit maar die ongemaklike manier om water te drink. Lielan se vir Oupa dat die ouderdom van Kameelperde word bepaal deur hulle grote en niks te maak met kolle nie. Kyk die jakkals op die eerste foto . As julle leeus soek kyk vir aasvoels en jakkalse. Jakkalse is altyd naby 'n vangs. Leeus slaap 20 uur per dag en word dan moeilik gesien , met bietjie geluk sal een van hulle die Jakkalse wegjaag en onthou om die leeuore wat die vliee pla te check.







Thursday, August 16, 2018

Leeus

Leeubrul kan 8 Kilometer ver gehoor word veral in die nag. Ander Leeus herken van watter leeu die gebrul kom.


Bloukopkoggelmanders en Leeus

BLOUKOPKOGGELMANDERS & LEEUS - Boskennisuitruiling - Voorheen gepraat van DEALS tusussen wilde diere. Leeu & Hyena is Roof & Aasdiere waar baie bloed betrokke is. Leeus hou nie van in water klim nie maar Hyenas bad gereeld. Leeus het daarom baie vliee wat hulle by die ou bloed in hulle gesigte pla en Hyenas nie. In die warmte van die dag gaan Leeus in die koelte van die bome slaap en die blouopkoggelmanders vang dan die vliee wat op die Leeus is.






Kameelperd velpatroon

Die Kameelperd velpatroon patches is klein van sy pote/bene na groot in sy nek. Sy lyf struktuur is korter bene agter as voor sodat die lyf teen n helling loop. Dit maak plek vir n massiewe 12 kg Hart. Die velpatroon is vir slaap Kamoflering maar eintlik vir HITTEBEHEER vir die tennisbal grote brain. Die bruin patches het baie sweetgaatjies en die wit rondom baie bloedvate. Deur Hitteuitruiling vervoer die bloedvate die koel bloed na die bruin. Kyk na die patroon van die die wit gedeeltes se pad op met die net. Die Kameelperd se kop is altyd in die Son en die klein brain vatbaar vir sonstraal. Kameelperd tot 5.5 m hoof.


Kameelperd wat slaap

Hier is video van lank gelede toe bewe nog nie uitgeskakel kon word nie.

So slaap n Kameelperd. Sy kop op sy rug. Hy lyk dan vir kleurblind Leeus soos n miershoop. Dit is hoekom hy n velpatroon het met n sirkel effek. Kameelperde slaap net 15min per dag. Sy tennisbalgrote brein word van suurstof voorsien deur n massiewe hart 250 kloppe per min. As hy le verminder sy hartslag na 50, en sy asemhaling is baie min wat reuk & geluid verminder.




Kameelperde

Hoe slaap 'n Kameelperd en vir hoe lank in n dag?






Friday, August 3, 2018

Moenie hol nie

Ouma Mirs sal julle vertel hoe Oupa vir stormende OLIFANTE se om te Voertsek. By Tsingwedzi in die Wiltuin is daar n Olifant wat elke dag net voor toemaaktyd in die pad gaan staan en maak dat die besoekers na toemaaktyd by die kamp kom. Oupa sort hom sommer uit. Maak die aanhangsel oop en leer n Bosles. MOENIE HOL NIE.




Wereld Olifantdag

VANDAG IS WERELD OLIFANTDAG - EERSTE FOTO IS ISILO DIE KONING DIE GROOTSTE OLIFANT IN AFRIKA TOT SY DOOD JAN 2014 (KZN) - TWEEDE, DERDE & VIERDE FOTOS - OLIFANT SLURPE HET ELK 200.000 SPIERE, DIE DRIE WAT EK & MIRS VASHOU HET DUS 600,000 SPIERE IN DIE SLURPE. OUPA & MIRS HET ELK 635 SPIERE IN ONS HELE LYF. ( OUPA SE SLURP = NIL). DIE OLIFANTE KAN 435 KG MET SY SLURP OPTEL EN OUPA "ORGANISE" MET ONS JONG SAM OM 20L (20KG) WATERBOTTEL OP TE TEL. MET DIE VOORPUNT VAN 'N OLIFANT SLURP KAN HY 'N "PEANUT" KRAAK SONDER OM DIE PIT BINNE-IN TE BESKADIG.





Leeus se jagtegniek

Leeus bestaan gemiddeld uit 15 tot 20 per trop. Is territoriaal en die mannetjies beskerm en beheer 'n area van gemiddeld 100 vk km.Trop bestaan gewoonlik uit een of twee dominante volwasse mannetjies en so 5 tot 8 volwasse wyfies (onthou die neuse). Leeus moet groot diere vang om die die hele trop te kan onderhou. Prooi soos Buffels, Zebras en Blouwildebeeste is dus voor op die menu. 'n Leeu vang nie 'n dier wat stilstaan nie, want die leeu het momentum nodig om die dier plat te trek. 'n Prooi wat weghol se agterwereld is die target want sy voorkant met horings is gevaarlik. Die leeu wyfies het 'n organisasie struktuur ( Soos 'n Besigheid ). Daar is 'n hoofjagter, aanjaers, rigtingvorseerders en die mannetjies. Die Leeu jagters beplan hulle jag as volg - die hoofjagter gaan ver voor die trop stelling inneem, die rigtingvorseersderders aan weerskante van die prooi. Die aanjaers maak dan agter die trop hulle sigbaar vir die prooi en loop aanvanklik nader en al hoe viniger totdat hulle die prooi trop in beweging het. Die rigtingvorseerders sorg dat die prooi in die rigting van van hoofjagter hardloop. Sodra die Prooi by die hoofjagter verbykom selekteer sy 'n prooi aan die einde van die prooitrop. Die hoofjagter spring dan op die prooi se rug en byt die rugstring om die prooi te verlam. Die rigtintingvorseerders is dan byderhand en byt die Prooi se hakskeensenings af. Die leeu mannetjie spring op die Prooi en sy gewig laat die dier val waarna 'n mannetjie of wyfie die prooi se gorrel toebyt en die dier versmoor. MOENIE VIR ENIGE WILDE DIER WEGHARDLOOP NIE -DIS IN HULLE GENE OM BEWEGENDE GOED AAN TE VAL. AS JY HOL ISSSSS JY DOOD - AS JY STAAN HET JY 80% KANS.


Termietneste - temperatuur beheer

'n 100 jaar voor Oupa se geboorte in 1843 het die Voortrekkers in die Oos Vrystaat 'n paar beeste vermis en almal het gaan soek. Racheltjie de Beer en haar boetie Dirkie het verdwaal, en daar was sneeu in die Drakensberg, aan die kom. Racheltjie het toe al haar klere vir Dirkie aangetrek en hom in 'n miershoop erdvarkgat gestop. Racheltjie het verkluim en Dirkie het dit gemaak. As Racheltjie geweet het dat termiet neste gereguleer word en die temperatuur minimum 32 grade C in die hoop is , kon sy maar liewer in 'n ander miershoop ingekruip het dan sou albei dit gemaak het. Vir my kleinkinders se Wildtuin punte spel. Kyk altyd op Termiethope vir roofdiere ( Jagluiperds, Luiperds , Leeus, Hyenas). In die winter vir Meeerkatte & Muishonde, en in die somer na reen wanneer die paddastoele bo-op die termiethoop uitkom moet julle maar met die verkyker kyk want die paddastoele lyk baie soos meerkatte & muishonde.