Friday, November 16, 2018

V'sek!

Suzette het die video aangestuur.  Soos in vorige media berigte . Moet nooit bang wees vir 'n roofdier en ander. Hulle vang wanneer prooi weghardloop. Gluur hom aan maak jou arms oop en se vir hom hy moet V'Sek.


Monday, November 12, 2018

Buffels

Buffalo cannot lift its head above its backline. The heavy and robust boss prevents this. If a buffalo tilts its head backwards the nose and mouth is way below the back. Buffalo has very short legs and the majority of its weight is upfront. Cattle and Wildebees can swim because of their large lung cavity that keeps the head above water. Buffalo is not related to cattle at all.


I love water need it every day as long as my feet can touch the bottom.

Sunday, November 4, 2018

Luiperd jag rooibok

Luiperd hoof rooibok predatoor - Geduld geduld en kyk die kamoflering en 
tot is die windrigting nie in sy guns nie



Thursday, November 1, 2018

Rooibokke

Vir 20 miljoen jaar is die Impala die enigste soogdier wat bykans onveranderd gebly het en hulle het die beste oorlewings statistiek van alle soogdiere.  Al wat verander het aan Impalas is sy tande wat met die koms van bosluise die Impala geforseer het om homself te kam om van hulle ontslae te raak.  Hulle 'groom' mekaar ook om dieselfde rede.


Hulle is herbivore en eet blare en gras wat grootliks bygedra het tot hulle oorlewing en dan is hulle getalle ook 'n groot faktor.  Hulle lam persentasie is 95% en die ooie skuil in 'n bos voor hulle lam.  Die ooi kan die lamproses vertraag as gevaar dreig solank die kop nog net nie uit is nie.  Hulle lam altyd net voor reëntyd en is die enigste soogdier wat sy lamtyd met tot 'n maand kan vertraag in afwagting op reën.



Hulle weet vooruit of daar swak reën gaan wees en aborteer dan lank voor die tyd om hulle eie kragte te spaar.  Jy hoef nie na die alnino en weervoorspellings te luister nie hou maar net die rooibokke dop.  Die ram tot ooi lam persentasie is 50:50 en dit is oorwegend ramme wat deur roofdiere gevang word. met die hoof predatoor natuurlik die luiperd en ook jagluiperds.




McDonalds bestaan nog maar 50 jaar of so, so sy logo kom eerder van die rooibok af as andersom.  Rooibokke se sig, gehoor en reuk is uitstekend en hulle kan drie kleure sien.  Al hierdie sensasoriese faktore dra by tot hulle oorlewing  Hulle lê en slaap en as jy na Impalas se kleure kyk is net die bruin sigbaar as hulle lê.

Rooibokke kan 3 meter hoog en nege meter ver spring.  Die swart klossies agter die agterpote is kliere wat reuk afskei wanneer hulle spring en hulle volg mekaar deur die reuk te volg.  



Rooibokooie het 4 spene en die ouens wat beweer ooie het net 2 spene en koeie 4 spene weet nie waarvan hulle praat nie want 'n Olifant het net 2 spene tussen sy voorbene.  Waar op aarde het jy nou gehoor van 'n olifant ooi en 'n rooibok koei??
In April maak die dominante ramme vir hulle 'n harem van so 25 ooie bymekaar en verdryf al die ander ramme met 'n gesnork en 'n gejaag.  Rooibokke en redelik area gebonde naby bos en water.  Hulle is 'n voerplek vir hulle hoof predatore en hou hulle reaksies maar dop as jy op die uitkyk is vir roofdiere.




Impalas maak van die mooiste foto's want dis maklik.  Al wat ek nog nooit kon regkry om 'n foto van te neem is 'n broeitrop waar die ram by is... want hy hol teveel rond.


Lielan my natuurkleinkind sal julle help as julle nog iets wil vra sy ken Rooibokke

Bome

Ek het op 'n stadium al die bome in die Wildtuin probeer afneem om daarvan 'n boek te maak.  In die proses het ek baie sexy fotos geneem van hoe bome se kambion die boomstruktuur herstel.  Jy moet 'n oog hê vir die mooies.



Wednesday, October 31, 2018

Brandwag

GEORGE BRANDE

Dis hoe dit van Saterdag af hier by ons dag en nag gegaan het.  

Toe ek jonk was was ek mal oor bobbejane en die gevolg was dat my bynaam brandwag adoons was, soos die strokiesverhaal destyds in die Landbouweekblad.

Laksmannetjie update

Hier is twee van ons 4 kantoor laksmannetjies. Een is doodgery en die ander een nog nie vandag gesien nie. Die twee bad en dis 14 grade.


Wat sien ons??

Sand Spring Spinnekop. Spin nie jag oppi grond. Nie giftig nie.

Swart Mamba in sy nes

Luiperd in Mopani bos

Naguil in die Baviaanspoort

Mierleeu

Friday, October 26, 2018

Bosvark

As jy op so 'n bossie nes innie bos afkom het jy een van drie probleme... dis of 'n bosvark of 'n swart mamba of 'n pofadder se nes.



Bosvark baie gevaarlik.  Die manne wat hom snags jag met honde het al baie honde verloor met daai vlymskerp tande.

Ry hom raak in die nag en dit is soos 'n klip raakry... jou kar is poegaai.

Die foto met die koedoe is op Thabazimbi op die myn se wildsplaas voerplek afgeneem.  Mens sien die bosvark net bedags as dit erg bewolk is.  Hy plunder snags lande.

Die foto is 'n slangnes met 'n slang daarin...


Heuningby 101

Die fotos is by oorlede Abe Goussard by United Beeline in Oudtshoorn geneem.  Hy was RSA se top byekenner en hy het my baie oor bye geleer.  Ek het hom gaan vra hoekom my verskillende kultivar aalwyne verskillende kleure stuifmeel het... toe wys hy my 'n korf met heuning met stuifmeel met baie verskillende kleur wat afkomstig was van lusern, aalwyn, veldbomme, vygies, spekboom ens.


Verskillende stuifmeel word nie vermeng in die korf nie.  Dit neem 40 000 bye om 'n teelepel heuning per dag te maak.  Daar is die werkers wat net nektaar in 'n spesiale sak onder hulle maag kollekteer - die gaan direk korf toe.  Die stuifmeel vergaarders gee die stuifmeel oor aan 'n by by die bek van die nes en die stuifmeel word van by na by aangepass tot dit verwerk in die korf gestoor word.



In die werk seisoen - somer - leef die werker bye net so 10 dae.  So daar moet nuwelinge met spoed op die scene kom.  Hierdie foto wys 'n jongby.


Die Bybel is propvol heuning stories, ons was al by melk en heuning met wildevy 101.  My gunsteling bybelstorie is... hierdie is 'n natuurkundige se weergawe en nie, ek herhaal, nie 'n teologiese weergawe nie.

Simson wat die fillistyne moes uitsort het verlief geraak op 'n mooi heidense meisie.  Die Allerhoogste het nie van die situasie gehou nie en wou ook die heidenne straf.  Simson maak toe 'n leeu dood en oppad na die girl toe sien hy 'n heuningnes in die dooie leeu se karkas.  Hy eet toe daarvan en gee ook vir sy ouers daarvan wat nie geweet het die heuning kom uit 'n leeu karkas nie.  'n Leeu en 'n by is onrein maar heuning is rein.  Leeu + heuning is saam onrein.  By Simson se troue party gee hy die Fillistyne 'n raaistel en sy vrou bedrieg hom deur aan hulle die antwoord te gee "wat is soeter as heuning? wat is sterker as 'n leeu?"  Julle Oupa.

Simson moes toe 30 Fillestyne doodslaan om die 30 stelle klere weedenskap te kan betaal.  Sy vrou trou toe met die strooijonker en die Allerhoogste het so Simson en die Fillestyne uitgesorteer.  Sonder bye is ons daarmee heen.


In Amerika en Europa het die bye bevolking al met 50% gedaal.  In Israel is daar wette om bye te beskerm.  Die bye vrek as gevolg van 'n chemikalieë in spuitstof en 'n miet wat hulle sappe uitsuig.  Die moderne tendens vir optimale bestuiwing is om korwe na lande toe te neem vir bestuiwin.  Die praktyk maak dat besmette korwe die ander aansteek.  In Israel word die vervoer van korwe nie toegelaat nie en hulle byebevolking bly gesond en konstant.

Gebruik die rooibokke

Die meeste bokke in die KNP is rooibokke en dus die meeste beskikbare roofdier prooi.  Moenie altyd "ag alweer rooibokke" sê nie... hou hulle dop en lees die "signs".
Op die fotos tussen Onder Sabi en Tshokwane het ek op die Impala ooie en Kameelperd afgekom.  Wind waai links na regs.  Bokke kyk regs met ore gespits.


'n Aanval sal nie saam met die wind kom nie... Het 50 meter terug gery... en daar is Oom Leeu in die lang gras - lekker gekammo!

--Hy het sy oor geflikker van vliee wat pla. Mirs & Ene Super Spotters!

Wednesday, October 24, 2018

Boom padda

Die boom padda het Ruan en die worsies gister in ons tuin ontdek.  Sy naam is Botswana Riet padda.  Hy kan sy kleure van grys na geel na groen verander soos 'n verkleurmannetjie.  Sy kleurverandering is vir kamoflering en om laksmanne te waarsku hy is giftig.  Hy is vrek klein soos 'n vyf rand stuk.  Daar is duisende spesies boom paddatjies in die wêreld.