Hulle is herbivore en eet blare en gras wat grootliks bygedra het tot hulle oorlewing en dan is hulle getalle ook 'n groot faktor. Hulle lam persentasie is 95% en die ooie skuil in 'n bos voor hulle lam. Die ooi kan die lamproses vertraag as gevaar dreig solank die kop nog net nie uit is nie. Hulle lam altyd net voor reëntyd en is die enigste soogdier wat sy lamtyd met tot 'n maand kan vertraag in afwagting op reën.
Hulle weet vooruit of daar swak reën gaan wees en aborteer dan lank voor die tyd om hulle eie kragte te spaar. Jy hoef nie na die alnino en weervoorspellings te luister nie hou maar net die rooibokke dop. Die ram tot ooi lam persentasie is 50:50 en dit is oorwegend ramme wat deur roofdiere gevang word. met die hoof predatoor natuurlik die luiperd en ook jagluiperds.
McDonalds bestaan nog maar 50 jaar of so, so sy logo kom eerder van die rooibok af as andersom. Rooibokke se sig, gehoor en reuk is uitstekend en hulle kan drie kleure sien. Al hierdie sensasoriese faktore dra by tot hulle oorlewing Hulle lê en slaap en as jy na Impalas se kleure kyk is net die bruin sigbaar as hulle lê.
Rooibokke kan 3 meter hoog en nege meter ver spring. Die swart klossies agter die agterpote is kliere wat reuk afskei wanneer hulle spring en hulle volg mekaar deur die reuk te volg.
Rooibokooie het 4 spene en die ouens wat beweer ooie het net 2 spene en koeie 4 spene weet nie waarvan hulle praat nie want 'n Olifant het net 2 spene tussen sy voorbene. Waar op aarde het jy nou gehoor van 'n olifant ooi en 'n rooibok koei??
In April maak die dominante ramme vir hulle 'n harem van so 25 ooie bymekaar en verdryf al die ander ramme met 'n gesnork en 'n gejaag. Rooibokke en redelik area gebonde naby bos en water. Hulle is 'n voerplek vir hulle hoof predatore en hou hulle reaksies maar dop as jy op die uitkyk is vir roofdiere.
Impalas maak van die mooiste foto's want dis maklik. Al wat ek nog nooit kon regkry om 'n foto van te neem is 'n broeitrop waar die ram by is... want hy hol teveel rond.
No comments:
Post a Comment