Friday, February 1, 2019

Skollie Skipper

Van die min dag-vlieende motte - sy naam is Skollie Skipper...








Die Melkbosskoenlapper


Die jagter beweeg hurkend agter die bossie uit, hy maak seker sy kaal voete trap niks raak wat sy prooi kan laat skrik nie…

Hy mik.  Hy trek die pyl… en swoooshhh.  Dis raak!  ‘n Paar kilometer verder kry hy die bokkie waar sy hart gaan staan het.

Het julle geweet die gif op die boesmans se pyle kom meestal van melkbosse af?
Alle bome wat wit sappe maak as jy ‘n tak afbreek word ‘n melkbos genoem.  En daardie wit sappe is baie giftig.


Die melkbosskoenlapper word  so genoem omdat hy net die nektar van die blomme van melkbosse eet.  Dit maak hom natuurlik ook baie giftig.

Sy helder rooi en swart kleure wys vir die voëls en verkleurmannetjies dat hy giftig is.  En daarom spring hy hulle spyskaarte mis.  Die kleur van die skoenlapper is miljoene klein skubbetjies op sy vlerke wat oorvleuel soos dakteels.


Die melkbosskoenlapper sien net skakerings van geel en het ook ‘n baie goeie reuk sintuig – in sy voete!  En daarom is die blomme van ‘n melkbos vir hulle ‘n koningsmaal!


Skoenlappers het nie ‘n brein nie.  Al sy sintuie het klein breintjies wat hulle beheer.  Daar word gesê 2 koppe is beter as 1 – wat dan nog van ‘n klomp breine?!

Eiertjies word een-een in Oktober, Desember en Februarie onder ‘n takkie naby die melkbos se blare gelê.  Sodat die larwe naby sy kos is.
Wat baie interresant is, is dat die larwe vooraf weet waar in die boom hy gaan uitkom – larwes naby ou takke met harde blare ontwikkel sterker kake as die wat uitkom by jonger blare.


Hierdie larwe is ook baie giftig en kan nie geeet word nie.  So hoe beheer die natuur dan hierdie insek sodat die melkbosse nie uitsterf nie?
Die larwe het ‘n spesifieke reuk wat perdebye lok.  Die perdeby lê dan ‘n eiertjie op die larwe – wat dan op die finale stadium die papie van binne af opeet.


Die melkbosse het al so ontwikkel dat hulle die reuk van die larwe naboots en so verdedig hulle dan hulleself.
Die larwe heg homself met gom wat agter uitkom aan die onderkant van ‘n blaar vas.  Die papie is presies dieselfde groen kleur as die blaar.


As jy na ‘n maand aan die verharde papie trek sal hy nie van die blaar af kom nie maar die blaar sal afbreek.  Is dit dalk die natuur se wondergom?
En kan julle glo die jagter gebruik die einste wondergom van die larwe om die giftige wit sap aan die voorpunt van sy pyl vas te sit.


Die jagter maak die bokkie agterop sy rug vas en begin die lang tog terug. 
Danksy die melkbos en die melkbosskoenlapper het sy mense ‘n vleisie vir die week se kospotte.

Friday, November 16, 2018

V'sek!

Suzette het die video aangestuur.  Soos in vorige media berigte . Moet nooit bang wees vir 'n roofdier en ander. Hulle vang wanneer prooi weghardloop. Gluur hom aan maak jou arms oop en se vir hom hy moet V'Sek.


Monday, November 12, 2018

Buffels

Buffalo cannot lift its head above its backline. The heavy and robust boss prevents this. If a buffalo tilts its head backwards the nose and mouth is way below the back. Buffalo has very short legs and the majority of its weight is upfront. Cattle and Wildebees can swim because of their large lung cavity that keeps the head above water. Buffalo is not related to cattle at all.


I love water need it every day as long as my feet can touch the bottom.

Sunday, November 4, 2018

Luiperd jag rooibok

Luiperd hoof rooibok predatoor - Geduld geduld en kyk die kamoflering en 
tot is die windrigting nie in sy guns nie



Thursday, November 1, 2018

Rooibokke

Vir 20 miljoen jaar is die Impala die enigste soogdier wat bykans onveranderd gebly het en hulle het die beste oorlewings statistiek van alle soogdiere.  Al wat verander het aan Impalas is sy tande wat met die koms van bosluise die Impala geforseer het om homself te kam om van hulle ontslae te raak.  Hulle 'groom' mekaar ook om dieselfde rede.


Hulle is herbivore en eet blare en gras wat grootliks bygedra het tot hulle oorlewing en dan is hulle getalle ook 'n groot faktor.  Hulle lam persentasie is 95% en die ooie skuil in 'n bos voor hulle lam.  Die ooi kan die lamproses vertraag as gevaar dreig solank die kop nog net nie uit is nie.  Hulle lam altyd net voor reëntyd en is die enigste soogdier wat sy lamtyd met tot 'n maand kan vertraag in afwagting op reën.



Hulle weet vooruit of daar swak reën gaan wees en aborteer dan lank voor die tyd om hulle eie kragte te spaar.  Jy hoef nie na die alnino en weervoorspellings te luister nie hou maar net die rooibokke dop.  Die ram tot ooi lam persentasie is 50:50 en dit is oorwegend ramme wat deur roofdiere gevang word. met die hoof predatoor natuurlik die luiperd en ook jagluiperds.




McDonalds bestaan nog maar 50 jaar of so, so sy logo kom eerder van die rooibok af as andersom.  Rooibokke se sig, gehoor en reuk is uitstekend en hulle kan drie kleure sien.  Al hierdie sensasoriese faktore dra by tot hulle oorlewing  Hulle lê en slaap en as jy na Impalas se kleure kyk is net die bruin sigbaar as hulle lê.

Rooibokke kan 3 meter hoog en nege meter ver spring.  Die swart klossies agter die agterpote is kliere wat reuk afskei wanneer hulle spring en hulle volg mekaar deur die reuk te volg.  



Rooibokooie het 4 spene en die ouens wat beweer ooie het net 2 spene en koeie 4 spene weet nie waarvan hulle praat nie want 'n Olifant het net 2 spene tussen sy voorbene.  Waar op aarde het jy nou gehoor van 'n olifant ooi en 'n rooibok koei??
In April maak die dominante ramme vir hulle 'n harem van so 25 ooie bymekaar en verdryf al die ander ramme met 'n gesnork en 'n gejaag.  Rooibokke en redelik area gebonde naby bos en water.  Hulle is 'n voerplek vir hulle hoof predatore en hou hulle reaksies maar dop as jy op die uitkyk is vir roofdiere.




Impalas maak van die mooiste foto's want dis maklik.  Al wat ek nog nooit kon regkry om 'n foto van te neem is 'n broeitrop waar die ram by is... want hy hol teveel rond.


Lielan my natuurkleinkind sal julle help as julle nog iets wil vra sy ken Rooibokke