Friday, November 16, 2018
V'sek!
Suzette het die video aangestuur. Soos in vorige media berigte . Moet nooit bang wees vir 'n roofdier en ander. Hulle vang wanneer prooi weghardloop. Gluur hom aan maak jou arms oop en se vir hom hy moet V'Sek.
Monday, November 12, 2018
Buffels
Buffalo cannot lift its head above its backline. The heavy and robust boss prevents this. If a buffalo tilts its head backwards the nose and mouth is way below the back. Buffalo has very short legs and the majority of its weight is upfront. Cattle and Wildebees can swim because of their large lung cavity that keeps the head above water. Buffalo is not related to cattle at all.
I love water need it every day as long as my feet can touch the bottom.
Sunday, November 4, 2018
Luiperd jag rooibok
Luiperd hoof rooibok predatoor - Geduld geduld en kyk die kamoflering en
tot is die windrigting nie in sy guns nie
Thursday, November 1, 2018
Rooibokke
Vir 20 miljoen jaar is die Impala die enigste soogdier wat bykans onveranderd gebly het en hulle het die beste oorlewings statistiek van alle soogdiere. Al wat verander het aan Impalas is sy tande wat met die koms van bosluise die Impala geforseer het om homself te kam om van hulle ontslae te raak. Hulle 'groom' mekaar ook om dieselfde rede.
Hulle is herbivore en eet blare en gras wat grootliks bygedra het tot hulle oorlewing en dan is hulle getalle ook 'n groot faktor. Hulle lam persentasie is 95% en die ooie skuil in 'n bos voor hulle lam. Die ooi kan die lamproses vertraag as gevaar dreig solank die kop nog net nie uit is nie. Hulle lam altyd net voor reëntyd en is die enigste soogdier wat sy lamtyd met tot 'n maand kan vertraag in afwagting op reën.
Hulle weet vooruit of daar swak reën gaan wees en aborteer dan lank voor die tyd om hulle eie kragte te spaar. Jy hoef nie na die alnino en weervoorspellings te luister nie hou maar net die rooibokke dop. Die ram tot ooi lam persentasie is 50:50 en dit is oorwegend ramme wat deur roofdiere gevang word. met die hoof predatoor natuurlik die luiperd en ook jagluiperds.
McDonalds bestaan nog maar 50 jaar of so, so sy logo kom eerder van die rooibok af as andersom. Rooibokke se sig, gehoor en reuk is uitstekend en hulle kan drie kleure sien. Al hierdie sensasoriese faktore dra by tot hulle oorlewing Hulle lê en slaap en as jy na Impalas se kleure kyk is net die bruin sigbaar as hulle lê.
Rooibokke kan 3 meter hoog en nege meter ver spring. Die swart klossies agter die agterpote is kliere wat reuk afskei wanneer hulle spring en hulle volg mekaar deur die reuk te volg.
Rooibokooie het 4 spene en die ouens wat beweer ooie het net 2 spene en koeie 4 spene weet nie waarvan hulle praat nie want 'n Olifant het net 2 spene tussen sy voorbene. Waar op aarde het jy nou gehoor van 'n olifant ooi en 'n rooibok koei??
In April maak die dominante ramme vir hulle 'n harem van so 25 ooie bymekaar en verdryf al die ander ramme met 'n gesnork en 'n gejaag. Rooibokke en redelik area gebonde naby bos en water. Hulle is 'n voerplek vir hulle hoof predatore en hou hulle reaksies maar dop as jy op die uitkyk is vir roofdiere.
Impalas maak van die mooiste foto's want dis maklik. Al wat ek nog nooit kon regkry om 'n foto van te neem is 'n broeitrop waar die ram by is... want hy hol teveel rond.
Lielan my natuurkleinkind sal julle help as julle nog iets wil vra sy ken Rooibokke

Bome
Ek het op 'n stadium al die bome in die Wildtuin probeer afneem om daarvan 'n boek te maak. In die proses het ek baie sexy fotos geneem van hoe bome se kambion die boomstruktuur herstel. Jy moet 'n oog hê vir die mooies.
Subscribe to:
Posts (Atom)