Thursday, September 27, 2018

Roofdier byt kragte

ROOFDIER BYTKRAGTE - BOSKENNISUITRUILING - TOE JOHAN LE ROUX IN 1994 SEAN FITZPATTRICK VAN DIE ALL BLACKS SE OOR AMPER AFGEBYT HET EN LUYT HOM VIR
EWIG GESKORS HET WAS DIE BYTSTREKTE 160 PSI - JY WIL NIE DAT ROOFDIERE JOU BYT NIE - HONDE & WILDEHONDE SE MAX IS 280 PSI - JAGLUIPERDS 320 PSI - LEEUS 680 PSI - LUIPERDS 710 PSI - HYENAS 1150 PSI - KROKODILLE 2850 PSI - AS 'N KROKODIL JOU VASVAT LOS HY NIE MET DAAI GESPASIEERDE TANDE NIE.






Wednesday, September 26, 2018

Kom die son op of gaan hy onder?


HY KOM OP - DIE BUFFELWEWER NESTE KYK ALTYD NOORD

Sunday, September 23, 2018

Renosters

RENOSTERS - BOSKENNISUITRUILING - OK JULLE KLEINKINDERS. WATTER FOTO IS 'N SWART RENOSTER EN WATTER FOTO 'N WIT RENOSTER.




HOLLANDERS HET WIT RENOSTER "WIJD" GENOEM EN ENGELSE HET FONETIES MET WHITE ipv WIDE GEVOLG EN AFRIKAANS MET DIREKTE VERTALING UIT ENGELS WIT. VOLGENDE VRAAG LIEWE KINDERS & KLEINKINDERS - WAAR HARDLOOP DIE RENOSTER KALWERS AS DIE KALF & MA VIR GEVAAR VLUG ????


WIT RENOSTER SE KALF HOL VOOR - WIT RENOSTERS IS GRASVRETERS EN IS IN OOP SAVANNA VELD. DIE KALF HOL VOOR SODAT DIE MA HOM KAN SIEN. ONTHOU LEEUS VAL ALTYD VAN AGTER AF AAN. WAAR HOL SWART RENOSTER KALFIES ??


SWART RENOSTER KALF HARDLOOP AGTER. SWART RENOSTER IS 'N BLAARVRETER EN DAAROM IN DIGTE BOS. MA HOL VOOR OM PAD TE MAAK IN DIE BOS VIR DIE KALF OM TE VOLG. HOE VERSKIL WIT EN SWART RENOSTER MIS ???


WIT EN SWART RENOSTERS MAAK GESAMENTLIKE MISHOPE. DIE BULLE GEBUIK IN SY AREA ALTYD DIESELFDE HOPE. DIE KOEIE BEWEEG VAN BUL NA BUL SE AREAS EN MIS BY HULLE HOPE . DIE HOPE IS 'N BRON VAN INLIGTING. DIE BULLE EN KOEIE KAN DEUR DIE REUK BEPAAL DIE GESLAG, OUDERDOM EN GEMEENSKAP GEREEDHEID VAN DIE KOEIE. DIE BULLE MIS NET OPPI HOPE. AS HY WEGLOOP PIE HY ELKE 20 METER OP SY POTE EN SO IS SY REUK IN SY SPORE OM SY AREA AF TE BAKEN.


SWART RENOSTER MIS - BRUIN- GROF EN VOL TAKKIES - EEKHORING EET BOOM SAAD UIT MIS


WITRENOSTER MISHOPE HET MISKRUIERS - SWART RENOSTER MISHOPE HET NOOIT MISKRUIERS NIE TE GROF MET DIE TAKKIES DAARIN


AS JULLE OP RENOSTERMIS MET PADDASTOELE EN OF 'N PLANTJIE AFKOM IS DIT SWART RENOSTER SE SAKE. DIE PADDASTOEL SWAMME KOM VAN DIE PLANTE WAT DIE RENOSTER VREET EN DIE BOOMSAAD ONTKIEM EERS AS DIE SAAD 'N SLAG DEUR MAAGSUUR BEHANDEL IS.

WART RENOSTER MIS HET VIR LANK 'N KONSTANTE TEMPERATUUR EN DIE SADE ONTKIEM BY 21 GRADE C


RENOSTERS - NEUS, OE EN ORE IN 'N V -VORM OPGELYN - 'N RENOSTER KAN NIE GOED SIEN NIE. KYK SY TROMPET ORE HY KAN BAIE BAIE GOED HOOR. KYK SY GROOT NEUSGATE HY KAN BAIE BAIE GOED RUIK. KYK SY KLEIN OGIES AAN DIE KANT VAN SY KOP - HY KAN BAIE BAIE SLEG SIEN. AS JY STILSTAAN KAN HY JOU NIE HOOR NIE EN AS JY WINDOP STAAN KAN HY JOU NIE RUIK NIE. SIEN IS NIE 'N FAKTOR NIE. HY KAN VINNIGER AS BOLT HARDLOOP SO KLIM MAAR 'N BOOM AS SY ORE JOU WYS JY IS IN SY VISIER.

Saturday, September 22, 2018

Jagluiperd

DIE JAGLUIPERD IS DIE VINNIGSTE LAND SOOGDIER. HY KAN 0 TOT 96 EN WEER TOT 0 KMPU IN 3 SEKONDES. 'N FERRARI KAN DIT NIE REGKRY NIE. SY KLOUE IS ALVIER GEWRIGTE MET GEEN ENKELS NIE. SY NAELS IS STOMP EN KAN NET GEDEELTELIK TERUGTREK. SY VOORSTE NAEL WORD GEBRUIK OM SY PROOI WAT ALTYD MOET HARDLOOP TE POOITJIE. WANNEER HY HOM "TRIP" DAN MAAK MOMEMTUM DIE PROOI SE AGTERLYF VERBY SY KOP BEWEEG EN DAN GRYP DIE JAGLUIPERD HOM AAN DIE GORREL EN VERWURG DIE PROOI. AS HY HARDLOOP TREK HY 7 METER DEUR DIE LUG SONDER DAT 'N POOT GRONDRAAK. HY KAN MET SY STERT AS "RUDDER" IN DIE LUG VAN RIGTING VERANDER. WANNEER HY WEER GRONDVAT IS DIT NET MET EEN POOT WAT SOOS 'N KRIEKET BOULER SE GEWRIGTE KNAK EN VOORENTOE SKIET OM DIE SPOED TE VERMEERDER. HY IS GEBOU VIR SPOED MET 'N RUGSTRING WAT BAIE PLOOIBAAR IS. SY SPIERE IS HEEL ANDERS AS DIE VAN 'N LEEU. LEEU HET KRAG SPIERE MAAR 'N JAGLUIPERD HET KLEIN SAAMGESTELDE SPIERE WAT SOOS 'N REK FUNKSIONEER. SY KOP IS KLEIN, NEUSGATE GROOT OM BAIE ASEM IN TE LAAT VIR DIE BAIE GROOT LONGE EN STERK GESPIERDE HART. SY WELPIES LYK SOOS RATELS MET 'N BOS VAEL HARE OPPI RUG OM ROOFVOELS TE LAAT DINK DIE WELPIES IS RATELS WAT BEKEND IS VIR SY TAAIGEIT.




Jagluiperd Vangtegniek



JAGLUIPERD - VISAREND PROBEER JAGLUIPERD WELPIES VANG . MA IS BYDERHAND.


JAGLUIPERD - HET TOONNAELS WAT NIE HEELTEMAL TERUGTREK NIE . IS SOOS SPYKERSKOENE VIR 'N ATLEET. HELP MET SPOED.


JAGLUIPERD - NEUS GROOT, OE GROOT EN KAN 4 KLEURE ONDERSKEI , SWART MASKER VAN OE NA MOND VIR DONKERBRIL EFFEK TEEN SON. JAG NET IN DIE DAG. NEUS OE & ORE IN V- VORM OPGELYN




JAGLUIPERD WELPIES - LYK SOOS KLEIN RATELTJIES VIR BESKERMING TEEN HOOF PREDATOOR NL ROOFVOELS


RATEL - KYK HOE VERGELYK DIE JAGLUIPERD WELPIES MET DIE RATEL



Monday, September 17, 2018

RENOSTERVOELS

DIE NAAM RENOSTERVOEL IS N VERKEERDE BENAMING DIE ENGELS VAN OXPECKER IS OOK NIE REG NIE, MAAR NOUJA. EK HET VOORHEEN AL VERWYS NA DIE DEALS WAT DIE NATUUR MET MEKAAR MAAK. SOOS MET DIE GUPTAS IS DIE REGTE WOORD SAMESPANNING. EK GEE VIR JOU IETS IN RUIL VIR IETS. RENOSTERVOELS KAN NIE LEEF SONDER DIERE NIE EN DIERE KAN NIE VOORTBESTAAN SONDER RENOSTERVOELS NIE. HULLE LEWER N DIENS AAN DIE DIER EN VREET IN DIE VOLGENDE VOLGORDE VAN BELANGRIKHEID - BOSLUISE, OORWAS, BROMMER LARWES, BLOED, SWEET, TRANE, SPEEKSEL & ROWE. SONDER DIE RENOSTERVOELS SOU DIE DIERE LANKAL VAN BOSLUIS VERWANTE SIEKTES GESTERF HET. BY BESERINGS RAAK HULLE ONTSLAE VAN DIE BROMMER LARWES EN MET DIE DIER SE SPEEKSEL ONTSMET HULLE DIE WOND. HOEVEEL SOORTE RENOSTERVOELS SIEN JULLE OPPI FOTOS ????







Sunday, September 16, 2018

AASVOELS

JY SAL NOOIT 'N AASVOEL OP 'N GEWONE BOOMTAK MET BLARE SIEN SIT NIE. HY KAN NIE DAAR LAND MET SY TWEE METER WYE VLERKE NIE. 'N AASVOEL KAN NIE ENIGE PROOI VANG NIE EN KAN NET AAS VREET. BEWYS IS SY POTE WAARMEE HY NET KAN LOOP EN 'N BEK WAT VIR VLEISREPIES SKEUR GEMAAK IS. HET UITSTEKENDE SIG EN SWEEF HOOG IN DIE LUG OM PROOI TE KAN SIEN. HOU HULLE DOP VIR ROOFDIER VANGSTE. HULLE SIT ALTYD OP DROE BOME EN MAAK HULLE NESTE OOK DAAR. HET POTE WAT NES 'N HOENDER S'N LYK.







Twee meter vlerkspan


AASVOELS & ROOFVOELS WORD VERWYS NA AS "OE MET VLERKE" . KAN BETER AS ENIGE DIER SIEN EN KAN SEWE KLEURE ONDERSKEI, TWEE MEER AS DIE MENS.



Thursday, September 13, 2018

OLIFANTE

HIERDIE TYD VAN DIE JAAR IS DIE VOEDINGSWAARDE VAN GRASSE BAIE LAAG EN DIE OLIFANT WAT 200KG VOER PER DAG MOET EET WEND HOM DAN NA BOME OMSTOOT. DIE OLIFANT BREEK DAN DIE TAKKE AF EN GEBRUIK SY SLURP OM DIE TAK DEUR SY MOND OOR SY MAALTANDE TE TREK. HY VREET NET DIE KAMBION OF BAS VAN DIE TAK AF , WAARIN AL DIE VOEDINGSWAARDE VAN DIE BOOM IS.






Wednesday, September 12, 2018

Psalm 23

PSALM 23 - DIE AGTERGROND HOEKOM MIRS SE KAR SE REGISTRASIE 23 PSLMS.WP IS. BEHALWE VIR DIE INHOUD VAN DIE PSALM VAN DAVID HET EK IN 1979 VIR SES MAANDE ELKE NAWEEK VAN IRAN NA ISRAEL GEVLIEG EN DIE VOORREG GEHAD OM DIE HELE ISRAEL TE DEURREIS. DIE GROEN WEIVELDE IN DIE PSALM IS DIE VALLEI VAN ACHOR. EK WAS PERSOONLIK DAAR EN ONS PERSEPSIE VAN 'N VALLEI VAN GROEN WEIVELDE IS HEEL ANDERS AS DAVID SE WERKLIKHEID. DIE EERSTE FOTO WYS PRESIES SOOS DIE VALLEI LYK EN DIE UITGETRAPTE PAADTJIES GAAN SOVER TERUG NA ABRAHAM SE TYD. DIE TWEEDE FOTO IS DIE GROEN GRAS WAT NA DIE FEBRUARIE REEN OPKOM. HIERDIE GRASSIE MAAK SKAPE/BOKKE SE GEWIG DRAMATIES STYG.



Monday, September 10, 2018

Leeus

Die Leeu is in die Fleur van sy lewe. Neus nie meer pienk. Maanhare swart. Leeu brulle het verskillende betekenis. Die ou op die video se brul is n waarsku brul. Hy laat ander leeu mannetjies weet wie is baas van die plaas. Sy gebrul kan 5 kilometer ver gehoor word.

Oupatjie - stuur bietjie die video vir my asseblief!


Sunday, September 9, 2018

Leeus

Hierdie video wys dat jy moet nie vrees wys nie. Die San steel netso vleis van leeus.



Tuesday, September 4, 2018

Olifante

OLIFANTE - Mungana wat vriend beteken is in die Noorde van die Wildtuin gepoach.