Tuesday, July 31, 2018

Buffelwewer neste

In 1958 het twee pasopgeleide vleeniers van die Rhodiese (Zimbabwe) Lugmag op 'n oefenvlug verdwaal. Toe hulle brandstof iewers oor Botswana opraak, toe land hulle 100 km suid van die dorpie Kikao op 'n soutpan in die Kalahari. Na 21 dae is die vliegtuig opgespoor en 'n span Boesmans is ingespan om hulle te soek. Hulle het vanaf die vliegtuig noord begin stap en rigting verloor. Toe hulle lyke gekry is het hulle 180 km in 13 sirkels gestap en drie maal naby dieselfde boom met Buffelweverneste verbygestap. Hulle wydste sirkel se toppunt noord was net 10km van die dorpie Kikao af. Die spoorsnyers verslag het gewys dat hulle by vele Tsama plante verby is en, dat hulle 2 dae voor hulle dood is, Gemsbokkomkommer geeet het, wat hulle mage erg laat ontwater het, dit het hulle dood verhaas. Die spoorsnyers het gewys dat daar elke 7 tot 10 km 'n boom was met Buffelwewerneste in, en dat as die twee boskennis gehad het, dat Buffelwewers net aan die noorde kant van die boom neste maak, en hulle noord gehou het sou hulle binne 3 dae by Kikao gewees het. Die oorledenes was oortrek met geel spinnekopdrade. Die spoorsnyers het die soek party 'n paar plekke gewys waar voels in die spinnerakke gevang was en ook 'n uil, wat as die manne die boskennis gehad het, kon hulle kos by die Spinnekoppe steel. Die wewer neste is noord vir winter warmte en koeler somers.






Monday, July 30, 2018

Buffelwewer Voel

Die ou wat 55 jaar gelede die toe oupa en JZ ,20 jaar oud was die Buffelwever sy naam gegee het , het nie geweet wat hy doen nie. Buffelwewers het GEEN verwantskap met Buffels nie, en alhoewel sy rooi bek LYK soos 'n Wewer, wat 'n saadvreter is, vreet hy net Insekte, Brommer Larwes, Bosluise, Spinnekoppe en Vrot Vrugte met wurms in. Oupa noem die Buffelwewer sommer ZUMA se VOEL oor die naam Buffel, en Buffelwewers is swart, die mannetjies het 5 tot agt wyfies, die wyfies roep repeterend WIEDA-WIEDA-WIEDA en die mannetjie antwoord met 'n enkele fluit ZUMIEEE. Die Buffelwewers is soos TRUMP DEALMAKERS. As julle kinders in die Wildtuin die punte speletjie speel vir punte, vir wie die eerste 'n spesie sien. Hier is Oupa se Tip. As jy Hyaenas soek, kyk na die bome en as jy 'n boom met baie buffelwewer neste sien, soek in droee tye na 'n hyena den by stormwaterpype, en in nat tye na Hyena Denne in miershope. Daar is altyd 'n Buffelwewer neste naby Hyena tuistes. Hoekom ?. Ouma Mirs het al baie leeus gesien deur net sy ore wat flikker te sien. Dis die vlieee wat leeus so pla. Sit by 'n Hyena Den en kyk na die Hyenas en jy sal geen vliee of brommers sien nie - dankie Buffelwewer. Predatore van die Buffelwerwer is Bobbejane, Slange en Roofvoels. Die hyenas hou die Bobbejane weg. in ruil vir die brommer & bosluis service. Heel bo-op die boom met die buffelwewer neste, maak die Buffelwewer 'n ekstra stellasie, wat die Bateleur gebruik om sy nes op te maak. Vir hierdie siviele joppie wat die Buffelwewer doen, hou die Bateleur ander Roofvoels weg, en hy vang die slange. "n Bateleur is familie van Slangarende en vang ook Duiwe & Voels maar nie Buffelwewers nie. DIS DIE NATUUR SE DEAL .






Friday, July 27, 2018

Jakkalsbessieboom - Koning van alle bome!

40m hoog, Immergroen, Riviere Spruite Iope se oewers vanaf KZN tot in Namibia. Vrugte word ryp Julie tot September. As daar in KNP nie diere in die warmte van dag is nie, soek 'n Jakkalsbessie en sien sommer 5 of ses diere spesies op een slag terwyl jy lekker in die koelte sit met 'n ligte verversing of twee. Bedags sal jy Bobbejane, Ape, Loeries, Pappegaaiduiwe, Neushoringvoels in die boom sien wat vrugte vreet. Hulle mors vreeslik en onder die boom sal jy Nyala, Rooibok. Koedoe, Vlakvark ens sien. Snags is die boom vol Uile en Muskeljaatkatte wat die muise en rotte, wat onder die boom kom vrugte eet, vang. Vrugte Vlermuise en Nagapies dan ook volop. Siwette & Jakkalse vreet ook snags aan die grondvrugte en vang dan ook sommer muise & rotte. Op die grond in besit van ons geagte volksgenoot Konings word met alle bos vuur gemaak, net nie die Marula & Jakkalsbessie nie want met die vrugte maak hulle lekker bier. In die Okavango maak hulle kanoes. Jakkalsbessie se blare, takke & wortels het tannien en 'n konkoksie daarvan word gebruik om bloeding te stop en ook vir vele ander maagkwale. Die wortels bevat 'n hoe konsentrasie van Plumbagin wat 'n antibiotika is vir kanker en dit genees ook melaatsheid.






Ibisse (Sacred Ibis & Hadeda)

Die Sacred Ibis kry sy naam van die Antieke Egiptenare. Die Sacred Ibis was die afgod van kennis. Hulle is saam met die Faroes en Hooggeplaaste amtenare in hulle derduisende per Piramied gemumifiseer en saam begrawe. Wanneer ander heersers die Faroe besoek was die geskenke wat hulle saamgebring het meestal Sacred Ibisse. Hierdie praktyke het veroorsaak dat daar vandag geen Sacred Ibisse in Europa & Egipte meer bestaan nie. Die raasbek Hadeda Ibis is bekend aan ons almal en was oorspronklik ook 'n watervoerder. Habitat verdwyning in die vorm van minder "Wetlands" het die Ibisse na Stedelike Afvalhope (Sacred Ibis) en Stedelike Tuine (Hadeda) laat gaan vir hulle voortbestaan. Die twee voels lyk altyd of hulle soos 'n blinde hoender aanhoudend pik in die hoop om 'n mieliepit raak te pik. Dit is nie so nie en hulle het 'n fyn haarstelsel in hulle bekke wat sodra hy sy bek in die water of grond steek 'n elektriese impuls uitstuur wat dan die padda of erdwurm laat vibreer en walla kos is gevang. Naby wetlandlande is bepaal dat die maaginhoud van Sacred Ibisse as 90% uit paddas bestaan , hulle spesialiseer dus in paddavang. Hadedas se maaginhoud 60% erdwurms.




Wednesday, July 25, 2018

Shongololo duisendpoot

Duisendpote het SIANIET in hulle lywe. SIANIET is een van die top vyf gifstowwe in die wereld. SIWETTE enigste dier wat se maagsuur die sianiet neutraliseer, hulle is dus imuun virri gif. Khoisan gebruik die duisendpoot ekskreet om aan hulle gifpyle te smeer. Sianiet verbind met die Ysteroksied in die bloedstroom. ( Oksied = Suurstof) Sodra die geaffekteerde suurstoflose bloed die brein bereik is jy dood. Boesmans hoef nie die dier soos ons geweer jagters 'n doodskoot te gee nie. Die pyl kan enige plek oppi dier se lyf tref en die gif sal sy pad uiteindelik brein toe vind. Khoisans soos almal weet ,volg sulke raakskoot diere vir baie kilometers tot hulle die karkas kry. Omdat die duisendpootsianiet so stadig werk het die Boesmans Naboomsap by die ekskreet gevoeg. Naboom se wit melksap is baie giftig. As jy 'n klein druppeltjie op jou vel sit dan sal jy 'n vinnige irritasie wat van 'n speldkop grote na 'n vyf rand grote sal versprei. Die rede hoekom die boesmans die Naboommelksapsap met die Duisendpoot ekskreet meng is sodat wanneer die pyl ingaan, versprei die melksap die gif na meer bloedvate en die dier gaan gouer dood. MIRS DIT IS NIE PYNLIK NIE, DIT IS SOOS JOU HOND BY DIE VEAARTS UITSIT.






Tuesday, July 24, 2018

Luiperds

Luiperde soos Leeus het Pienk neuse om ouderdom te onderskei. Vol Pienk 1 tot 3 jaar. Half Pienk 3 tot 5 jaar. Swart 5 jaar plus. Jong luiperdjies het verder eerste ses maande blou oge. Ek ken 'n paar pelle wat Tiere is en die middelste Luiperd het dieselfde gesigsuitdrukking as onse eie yster Paul Thiart.




Monday, July 23, 2018

Leeus

WATTER VAN DIE TWEE LEEUS IS DIE OUDSTE EN HOEKOM?


Oupa se Gouws leeutjie is tussen 1&3 het pienk neus. Die leeu links met die halwe pienk neus is nog nie geslagsryp nie en is tussen 3&5 he oud. Die Leeu regs met die swart neus is ouer as 5 Jaar en die baas van die plans.

Siwet - Mortaliteit en mis

Ons weet nou al dat Siwet 'n bydrae maak tot Parfuum & Koffie. In Storie 1 het Oupa belowe hoekom jy Siwet vroegoggend op die pad dood kry. Die fotos vertel die storie en is in 2004 baie vroeoggend deur Oupa en Oom Uli geneem. Shongololos of Duisendpote is BAIE giftig ( Sal in die volgende storie Shongololos se storie vertel) . SIWETTE is die ENIGSTE Dier of Voel in Afrika wat duisendpote eet. Die siwet karkas moes vroegoogend gesterf het anders sou die Hyenas hom al weggedrae het. Hy is nie van Gif dood nie anders sou daar braaksel wees. Hy is dus doodgery en die brommers is altyd eerste op die bebloede toneel. Die pad was vroegoggend papnatgedou en baie Shongololos kom pad toe. Stuifmeel & Fungi versamel in die veld en op paaie. In die veld is die dou oppi gras, maar op die teerpad oppi padoppervlakte. Die dou oppi pad maak die Stuifmeel oplos en die Shongololos kom dus in hulle hordes vroegoggend pad toe voor die dou verdamp vir 'n feesmaal. Die Siwette volg om die duisednpote te eet en word deur Wildtuin Werkers wat kamp toe jaag doodgery. Siwette maak middens ( Familie Toilet) soos renosters. Die gesamentlike toilet baken die Siwet se terrein af. As julle kleikinders eendag soos oupa in die bos loop en jy ruik die slegste reuk denkbaar moet jy weet dit is 'n Siwet toilet. Net leeus poof stink erger as die van die Siwet. 'n Ent verder van die karkas af het ons n Siwet midden gekry en soos julle kan sien bestaan die omtrent net uit duisendpoot doppe. Die ander Midden foto is by Timbavati naby 'n Jakkalsbessieboom geneem daarom die baie bessies inni poof. Uli wou nie koffie daarvan maak nie. Wanneer ons oor spoorsny gesels sal julle soos op die twee poof fotos wys dat elke drol vertel 'n storie. (Wildpoof nie Jacob Zuma en sy makkers nie.)






Sunday, July 22, 2018

Siwet - koffie

Die 1e storie was oor die parfuum (MUSK) wat gemaak word van die anil kliere pasta van die SIWET. Soos met die Renosterhoring het ons Oosterse skeefoog nasie, hierdie finansiele voordeel agtergekom en duisende Siwette is deur wildswendelaars Ooste toe gesmokkel. Die Indonisiers ens. het toe behalwe die MUSK ook agtergekom dat die Siwet vir maak van ekskreet koffie gebruik kan word. Die Siwette word reenwoud pitvrugte gevoer en die onverteerde poof word as die duurste koffie op aarde verkoop. Oom Eric, De Waal & Oupa was paar jaar terug in Bali Indonesia toe het Eric, Bertie & De Waal n plek besoek waar hulle ook ekskreet koffie produseer. Die Siwet koffie is in Suid Afrika beskikbaar teen R1995 per 200 gram pakkie. Hou by Brandewyn (Oupa) & Wyn (Pelle) manne.







Siwet - parfuum

Hierdie 'n baie interresante nagdier. Soos in Oupa se jeugdae het ons elke Saterdag 'n serial gesien in die flieks. Die SIWET stories is in 3 serials. Storie 1.
SIWET 'n nagdier en julle het hom al gesien by Satara se nagrit toe hy oppad kamp toe hy oor die pad geloop het. Hy word as jy vroeg ry (soos Oupa) baie doodgery op die wildtuin teerpaaie gesien. Sal later vertel hoekom. SIWET het buite sy alie aan weerskante twee kliere wat 'n pasta tipe afskyding maak waarmee hy sy terrein merk. Die pasta ruik aaklig behalwe as dit verdun word. SIWET produseer so 100gram pasta per week. Vir die manne wat MUSK gebruik om die girls te impress, is die pasta die oorsprong van die onderarmsproei. Die Parfuum Industrie betaal R8000 per kilogram vir die pasta. In die res van Afrika is daar gevolglik plase waar die SIWET in haglike toestande aangehou word en die pasta weekliks geoes en aan die Parfuum industrie verkoop word.




Thursday, July 19, 2018

Soogdier Kleurblindheid

Oog het Staffies & Keels wat vir die Brein laat weet van kleursig. Hoe meer keels hoe meer kleur. Keels het lig nodig om kleur te onderskei. Mens het baie Keels. Diere het baie Staffies. Mens sien bedags 5 kleure en snags net swart & wit. Nagjagter roofdiere soos Leeus & Luiperds sien net swart & wit. Onder hulle oge is altyd n wit streep wat in die nag maan & sterrelig reflekteer, hulle sien 15 keer meer as n mens inni nag. Dagjagter roofdiere soos Wildehond & Jagluiperd sien geel & groen by hulle het meer keels as Nagjagters. Het ook nie wit onder oe nie maar swart om skerp lig te neutraliseer (Don kerbrille). Spinnekoppe & Insekte sien in Ultraviolet. Voels sien 7 kleure daarom is hulle so mooi van kleur. Soogdiere is kleurblind behalwe boomlewende diere Ape & Bobbejane wat kleur sien om ryp of groen vrugte te kan onderskei. Slange sien sleg maar sien in Infrarooi. Julle honne & katte sien net swart & wit. Bulle swart & wit die stiergevegte se rooi lap maak niks .





Wednesday, July 18, 2018

Luiperd Snorre

Alle katte se snorbaarde is baie belangrike sensors waarsonder hulle heeltemal gedisorienteer sal wees. Luiperds se snorre is wyer as sy lyf en hulle het 30 plus snorre aan elke kan van die bek. Kort voor en langer agtertoe. As die Luiperd prooi bekruip stuur die snor seine na die senuweestelsel wat enige bos breedte en vibrasie optel. Die snor is nie hare nie maar keratien (renoster) en bevat 2000 sensatoriese selle per snor. Dus so 60000 per Luiperd. In vergelyking met n mens se sensatoriese selle wat 2500 selle het in al ons vingerpunte, gee dit n idee van n Luiperd bewustheid van sy omgewings veranderings en bewegings. Moenie julle kat se snor afsny nie hy sal nie weet waar hy is nie.


Thursday, July 12, 2018

Termiethope

Die deel van die termiethoop wat bo die grond uitsteek is slegs 10% van die totale grote van die nes. (soos n Ysberg). Termiet bevolking is massief en dit dit word gereken dat hulle totale wêreld massa 2 x groter is as die gewig van alle soogdiere saam.  Hulle dra gras in die nes in. Hulle gebruik baie meer gras as wat al die wild in die wildtuin eet. In die nes bo-op die gras plant hulle paddastoel spore wat dan hulle voedsel produseer. Die kompos vorming van die gras veroorsaak hitte en die hele nes se temperatuur word so konstant gehou op 36 grade C. As die nes in die somer te warm word dan maak hulle n koorsteen, soos op die foto, wat die hitte laat ontsnap. Wilde diere gebruik die termiethope om wag te hou en te kyk vir prooi.  Kyk altyd bo-op termiethope vir roofdiere.



Appelblaar

Boom volop in die Wildtuin. Tot 18m hoog. Blomme ruik baie lekker en bye, insekte baie lief daarvoor. Word deur wild wat die blare kan bykom benut. Die interessantheid van die Appelblaar boom is dat hy ook die REENboom genoem word. Wanneer dit BAIE droog is gee sy blare n aroma af wat n gogga met die naam Spittlebug in hulle hordes aantrek. Wanneer die spittlebug sap suig aan die blare onttrek hy terselftertyd vog uit die lug uit en n klomp skuim word om sy lyf gevorm wat dan soos fyn reen op die grond val. As jy dan onder die boom staan reen jy nat en die grond is sopnat al is dit in die middel van die ergste droogte. Hierdie trick van die boom maak dus van hom baie baie droogtebestand.  Die Spittlebug is n gifterrige kalant. As jy die takke en blare van die Appelblaar brand terwyl die gogga daar is, kan jy die as vat en n pasta maak in 'n emmer. As jy die mengsel in n waterkuil gooi is daar n chemiese reaksie wat visse se balans versteur en die vis na die oppervlakte laat dryf, en walla lekkerrr vis braai.